Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mercedes eer Lauda met ’n rooi ster

Mercedes se renmotors wat aan die Formule Een-kampioenskap deelneem, sal voortaan met ’n rooi ster jaar ter nagedagtenis aan Niki Lauda (70), een van die groot name in dié sport, wat verlede week dood is.

BAKU, AZERBAIJAN - APRIL 29: Mercedes GP non-execu
Niki Lauda/Foto: Getty Images

Dié Oostenryker, wat drie keer die titel Formule Een-kampioen agter sy naam kon skryf, se verbintenis tot motorsport was egter nie net beperk tot die titels in sy dae as renjaer nie. Lauda is in 2012 as nie-uitvoerende voorsitter by Mercedes aangewys.

’n Rooi ster op die enjin van karre was een van verskeie huldeblyke wat die naweek by die Monaco Grand Prix aan hom gebring is. Lauda het ’n rooi keps gedra om die brandwonde te verbloem wat hy in 1976 in ’n ongeluk in Nürburg, Duitsland, opgedoen het.

Die handtekening op Mercedes se karre wat die naweek in Monaco gejaag het. Foto: Getty Images

“Ek is baie gelukkig met hoe ons die naweek begin het, met die ster, iets wat altyd op die kar gaan bly, saam met die handtekening,” sê Toto Wolff, grootbaas van Mercedes se Formule Een-span.

Mercedes se twee motors was in die voorste wegspringplekke vir die naweek se wedren, met Lewis Hamilton, ’n vyfmalige wêreldkampioen, in die voorste posisie.

Dit was die 59ste keer dat die Brit in ’n Mercedes die voorste wegspringplek ingeneem het. Daarmee het hy die 58 keer wat die Duitser Michael Schumacher dit in ’n Ferrari gedoen het, verbygesteek.

“Om daardie rekord verby te steek is iets wat my baie trots maak,” sê Wolff.

“Maar soos Niki sou gesê het, dit beteken niks as jy nie die kampioenskap wen nie.”

Hamilton het Sondag se wedren gewen, sy vierde oorwinning van die seisoen. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Toto Wolff  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Niki Lauda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.