Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mercedes erken dis moeilik teen Max
Max Verstappen Foto: Getty Images

Andrew Shovlin, ’n ingenieur vir Formule Een se Mercedes-span, erken dit gaan “nie ’n maklike kampioenskap” vir hulle wees nie ná ’n sterk begin deur Red Bull en Max Verstappen.

Verstappen was in ’n kop-aan-kop stryd met Lewis Hamilton gewikkel in die Bahreinse Grand Prix, met slegs sewe tiendes van ’n sekonde wat hulle uiteindelik van mekaar geskei het.

Die Red Bull-renjaer het Hamilton selfs met vier rondtes oor verbygesteek, maar dit was danksy ’n onwettige maneuver het beoordelaars later bepaal. Verstappen moes gevolglik die plek teruggee.

Mercedes en Red Bull sê mekaar hierdie naweek op Imola die stryd aan. Shovlin het, in ’n gesprek oor die bedreiging wat Red Bull vir Mercedes inhou, vir Verstappen lof toegeswaai.

“Daar’s geen twyfel nie dat Red Bull baie goed vaar,” het Shovlin volgens RaceFans.net gesê.

“Hulle is ’n skerp en gefokusde span wat nie baie foute maak nie. Max is nou duidelik ’n baie volwasse en slim renjaer.

“En hulle ontwikkel goed. Hulle slaag daarin om hul motor elke jaar te verbeter. So hierdie gaan nie ’n maklike kampioenskap wees nie. Hulle sal vir jou dieselfde sê.” – TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Red Bull  |  Mercedes  |  Motorsport  |  Max Verstappen  |  Andrew Shovlin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.