Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mercedes span swart motors in teen rassisme

Mercedes, die Formule Een-kampioen, het swart renmotors bekend gestel vir die 2020-seisoen as deel van ’n openbare belofte om diversiteit binne die span en die motorsport-wêreld verder te bevorder.

Mercedes het in sy tyd in F1 tradisioneel in silwer meegeding, maar het oorgeskakel na swart en sal ’n “End Racism”-slagspreuk op albei renmotors aanbring.

Die span sê die Black Lives Matter-beweging “skyn ’n soeklig op hoe baie ons nuwe maatreëls en dade benodig in die stryd teen rassisme en alle vorme van diskriminasie”.

Die nuwe kleurskema maak sy debuut wanneer die Brit Lewis Hamilton, verdedigende wêreldkampioen, en sy Finse spanmaat, Valtteri Bottas, in Sondag se Oostenrykse Grand Prix, die eerste van die seisoen, meeding.

“Daar is nie plek vir rassisme en diskriminasie in ons samelewing, sport en ons span nie: Dit is ’n kerngeloof by Mercedes,” sê Toto Wolff, Mercedes se grootbaas.

“Maar dit is nie genoeg om die regte oortuigings en die regte ingesteldheid te hê as ons dit vir onsself hou nie. Ons wil ons stem en ons globale platform gebruik om voorbrand te maak vir respek en gelykheid – en die Silver Arrow sal vir die duur van die 2020-seisoen in swart meeding om ons verbintenis tot groter diversiteit in ons span en die sport te wys.”

Mercedes sê slegs 3% van sy werkmag identifiseer hulself as lede van ’n minderheidsgroep, terwyl slegs 12% vroue is. Die span beplan om ’n diversiteits- en inklusiwiteitsprogram voor die einde van die seisoen bekend te stel in ’n poging om daardie syfers te verbeter en meer mense van minderheidsgroepe aan te moedig om hulle by F1 aan te sluit.

Hamilton, wenner van ses F1-titels, sê: “Dit is so belangrik dat ons hierdie oomblik aangryp en dit gebruik om onsself in te lig om betekenisvolle veranderinge te maak wat gelykheid en inklusiwiteit betref.”

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Toto Wolff  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Black Lives Matter  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.