Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumacher se F1-droom word waar

Mick Schumacher, seun van die legendariese Duitse renjaer Michael, het ’n kontrak met die Haas-span gesluit om van volgende jaar af vir hom in Formule Een te jaag.

Dié span, wat in Amerika gesetel is, het in ’n verklaring gesê dat die 21-jarige Schumacher, wie se pa ’n sewemalige F1-wêreldkampioen is, ’n “multi-jaar-kontrak” onderteken het.

Mick Schumacher vroeër vanjaar voor ’n F2-wedren in Barcelona. Foto: Getty Images

Schumacher en die Rus Nikita Mazepin sal spanmaats wees.

Die jong Duitser is ’n lid van Ferrari se renjaer-akademie en is die voorloper op die puntelys van die F2-reeks.

“Die vooruitsig om volgende jaar F1-motors te jaag, maak my ongelooflik gelukkig,” het ’n “sprakelose” Schumacher volgens die BBC gesê.

Schumacher het Haas en Ferrari bedank vir die vertroue wat hulle in hom gestel het en het bygevoeg dat al sy sukses aan sy ouers te danke is, wat altyd geglo het dat hy eendag sy F1-droom sal verwesenlik.

Haas se spanhoof, Guenther Steiner, sê Schumacher “het die kans verdien” om vir hulle te jaag met die wyse waarop hy in die F2-reeks vertoon het.

Wanneer Schumacher volgende jaar op ’n F1-wegspringrooster aantree, sal dit 30 jaar wees sedert sy pa sy F1-debuut in die Belgiese Grand Prix in 1991 gemaak het.

Die 52-jarige Michael, wat 91 F1-renne onderweg na sy sewe wêreldtitels gewen het, was in 2013 in ’n ski-ongeluk waartydens hy ’n ernstige hoofbesering opgedoen het en is nog nooit weer sedertdien in die openbaar gesien nie.

Michael se voormalige bestuurder, Sabine Kehm, het gehelp om die jong Mick se loopbaan te bestuur en te verseker dat daar nie onnodige hoë verwagtinge van hom gekoester word nie.

Hy het in 2018 die Europese F3-kampioenskap gewen en verlede jaar sy F2-debuut gemaak. Mick was vanjaar bestendig in die F2-reeks en het twee wedrenne gewen. Hy is 14 punte voor die Brit Callum Ilott, met die laaste twee renne van die seisoen wat die naweek op Bahrein se Sakhir-baan sal plaasvind.

Mick het in vorige onderhoude gesê dat dit nog nooit vir hom ’n probleem was dat vergelykings tussen hom en sy pa getref word nie en het Michael as sy held bestempel. – bbc.com, Sportredaksie

Meer oor:  Mick Schumacher  |  Michael Schumacher  |  F1  |  Formule Een
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.