Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Midde-Ooste kry dalk derde GP

’n Ooreenkoms van £50 miljoen (sowat $65 miljoen) gaan glo binnekort gesluit word wat Saoedi-Arabië een van die voorste bestemmings op die Formule Een-kalender sal maak.

Die Bahreinse baan is die gasheer vir die F1-Grand Prix en ander byeenkomste soos die World Endurance Championship. Foto: Getty Images

Saoedi-Arabië kan glo reeds in 2021 by die motorsportkalender gevoeg word, met ’n straatwedren wat in Jeddah gehou sal word. ’n Nuwe baan sal intussen gebou word.

Volgens die Daily Mail het F1-base ’n groot borgskap met die Saoediese oliereus Aramco, die wêreld se winsgewendste maatskappy, gesluit. ’n Wedren in Saoedi-Arabië sal dan as die Aramco Saoedi-Arabië Grand Prix bekend staan.

Die wedren sal in die eerste helfte van die seisoen plaasvind, om die versengende hitte tussen Mei en September vry te spring.

F1-wedrenne word in Bahrein en Abu Dhabi aangebied en promotors van die sport wil graag sien dat die sport in die Midde-Ooste uitbrei.

“Nóg ’n wedren in Saoedi-Arabië sal die ander aanvul,” sê ’n woordvoerder van die Bahreinse baan.

Die Bahreinse Grand Prix vind in Maart plaas en die een in Abu Dhabi in November.

Dit wil ook voorkom of ’n Grand Prix in Miami gou ’n werklikheid sal word, met ’n baan wat in aanbou is.

Die Amerikaanse Grand Prix word in Austin, Texas, gehou, maar F1-base is gretig vir ’n tweede een in Amerika.

Daar is vanjaar reeds 22 wedrenne op die F1-kalender, met die seisoen wat in Maart in Australië begin.

Sou Jeddah en Miami bygevoeg word, sal daar 24 byeenkomste wees.

– TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.