Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tyson dink min van Namibiese boksheld

Selfs al klim Shakur Stevenson hierdie naweek geblinddoek in die kryt, sal die Namibiese boksheld Jeremiah Nakathila hom nie kan raakslaan nie, sê Mike Tyson.

Die Namibiese boksheld Jeremiah Nakathila. Foto: Facebook

Stevenson (23) en Nakathila (31) pak mekaar Saterdag in Las Vegas, met die wenner wat ’n geveg teen die Wêreldboksorganisasie (WBO) se super-veergewigkampioen, Jamel Herring, belowe is.

Boxing Scene berig dat Stevenson ’n tydjie gelede saam met Tyson na een van Nakathila se gevegte sit en kyk het.

Dit was die geveg in 2016 waar Nakathila in Rusland teen Evgeny Chuprakov geboks het.

Dit was die enigste nederlaag wat Nakathila sover in 22 beroepsgevegte gely het.

“Luister, as hierdie ou (Nakathila) jou kan raakslaan, moet jy jou handskoene wegpak. Die ou sal jou nie eers kan tref al klim jy geblinddoek in die kryt nie,” het die voormalige swaargewigbokskampioen glo aan Stevenson gesê.

Shakur Stevenson (links) besig om Toka Kahn Clary verlede jaar in Desember slae te gee. Foto: Getty Images

Stevenson en Tyson het hulle toe omtrent pap gelag.

Stevenson het Dinsdag aan Ring News 24 gesê hy wil Nakathila “breek”.

“Ek wil hierdie ou geestelik knak. Ek wil hê hy moet gebroke wees wanneer hy uit die kryt uit klim,” het Stevenson gesê.

Nakathila, wat al 17 teenstanders uitgeslaan het, het voorspel dat hy Stevenson voor die vyfde ronde gaan uitslaan.

“Hy het al baie paloekas uitgeslaan, maar die vraag is of hy dit met ’n regte bokser kan doen?” het Stevenson gewonder.

Stevenson is ’n voormalige WBO-veergewigkampioen en is nog onoorwonne ná 15 gevegte. Hy het agt van sy teenstanders uitgeslaan.

* Kyk hier na ’n paar hoogtepunte uit Jeremiah Nakathila se vorige gevegte

* Kyk hier na ’n paar hoogtepunte uit van Shakur Stevenson se vorige gevegte

Meer oor:  Boks  |  Mike Tyson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.