Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mike Tyson ‘sien uit’ na sy eie dood
Mike Tyson sê hy is deesdae ’n gesinsman. Foto: Getty Images

Die bokslegende Mike Tyson omhels die dood, want “om te lewe kan vir my dalk ingewikkelder wees as om te sterf”.

Die 53-jarige Amerikaner het nóg ’n ongewone onderhoud gelewer waar hy sy stryd met sy geestesgesondheid bespreek.

Sedert sy uittrede is bipolêre versteuring by hom gediagnoseer. Hy vertel The Sportsman hy vrees nie die dood nie want hy ken die moed wat dit verg om te leef.

“In my ondervinding, dit wat ek glo, hoe meer ek weet daarvan om nie te bestaan nie, hoe gewilliger is ek om te sterf,” sê die voormalige swaargewigkampioen.

“Ja (ek sien daarna uit), ek is nie bang daarvoor nie. Om te lewe kan vir my dalk ingewikkelder wees as om te sterf . . . want dit verg baie moed om te sterf.”

Tyson, wat drie jaar tronkstraf uitgedien het vir verkragting, het die weelderige leefstyl geniet wat sy bokstalent aan hom besorg het, maar hy bied perspektief.

“Mense het alles en sukkel steeds. Ons neem onsself te ernstig op, ons dink ons is iemand.

“Maar jy vind uit jy is nie spesiaal nie. Jy is in staat om tronk toe te gaan, jy is in staat om te sterf, jy is in staat om mishandel te word.”

Tyson geniet deesdae ’n relatiewe normale bestaan saam met sy gesin en voel hy het nou die vermoë om sy omstandighede te verstaan.

“Ek verwag nie regtig dat slegte dinge met my sal gebeur nie, maar wanneer dit wel gebeur, verstaan ek dit en ek is in staat om dit te beheer.”

Mike Tyson saam met Lennox Lewis en Evander Holyfield by die Fury-Wilder-geveg. Foto: Getty Images

Hy verkies om ’n gesonde afstand van boks te hou, maar doen sy “Hotboxin’ ”-podsending en besoek af en toe groot gevegte, soos sy verskyning by Tyson Fury se onlangse swaargewigtitel-sege oor Deontay Wilder in Las Vegas.

“Ek sien niemand nie. Ek is die heeltyd saam met my vrou! Ek is saam met my gesin.

“Daardie wêreld is nie meer deel van my lewe nie. Ek is nou meer van ’n gesinsman. Ek werk bietjie met boks, soos my podsending byvoorbeeld, maar dit is nie naastenby soos voorheen nie.”

Tyson praat met groot lof oor Fury.

“Ek hou baie van hom. Dit maak my trots dat hy na my vernoem is; ek waardeer dit opreg.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury  |  Mike Tyson  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.