Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Min welslae vir Suid-Afrika by Jeugspele
Lisa Conradie in aksie tydens die artistieke gimnastiek by die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires.Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse span kon Woensdag geen verdere indruk maak op die medaljetabel by die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires, Argentinië, nie.

Atlete het deelgeneem aan gimnastiek, gholf, hokkie, seilvaart, roei en swem, maar het kleigetrap, met veral die swemmers wat al beter gevaar het.

Daar was egter lig in die tonnel, met die vrouehokkiespan wat sy derde sege in vier wedstryde behaal het toe hy Oostenryk met 2-1 geklop het, nadat die spanne met rustyd nog met 1-1 gelykop was.

Kayla de Waal was verantwoordelik vir albei doele vir die Suid-Afrikaners, met die twee doelwagters, Mishka Ellis en Nepo Serage, wat 13 uit die 14 pogings wat die Oostenrykers gemaak het kon afweer.

Die Suid-Afrikaanse span het ook reeds met Uruguay (4-3) en Vanuatu (11-0) afgereken, met hul enigste nederlaag sover wat teen Argentinië (0-4) gekom het.

Die Suid-Afrikaanse span het ook reeds met Uruguay (4-3) en Vanuatu (11-0) afgereken, met hul enigste nederlaag sover wat teen Argentinië (0-4) gekom het.

Suid-Afrika (9 punte) lê tans derde in hul groep, agter die Argentyne (12 punte) en Indië (9 punte), met die Indiese span se doeleverskil wat hulle die tweede plek besorg.

Suid-Afrika sal volgende teen Indië te staan kom, wat al vir Oostenryk (4-2), Uruguay (2-1) en Vanuatu (16-0) omgedop het. Die Indiërs het met 2-5 teen die Suid-Amerikaners vasgeval.

In die swemkompetisie het Hendrick Duvenhage vyfde in sy uitdun in die 50 m-vlinderslag geëindig in 25.54 sekondes, wat nie goed genoeg was om vir die halfeindronde te kwalifiseer nie.

So ook het Mariella Venter (200 m-rugslag) se sesde plek in 30.15 sek. ook haar daarvan weerhou om verder as die uitdunne te gaan.

Michael Houlie (200 m-borsslag), Kate Beavon (200 m-vryslag) en Duné Coetzee (200 m-vryslag) het ook in die uitdunne uitgeval.

Die mans se 4x100 m-wisselslag-aflosspan van Duvenhage, Houlie, Ethan du Preez en Gabriël Nortjé het sewende in die eindronde klaargemaak in 3:45.90, met Rusland wat goud gewen het in ’n junior wêreldrekord van 3:35.17.

In die mans se gholf het Cole Stevens in die tweede ronde 'n 72 behaal, wat saam met sy eerste ronde van 75 verseker het dat hy in die tiende plek lê.

In die mans se gholf het Cole Stevens in die tweede ronde 'n 72 behaal, wat saam met sy eerste ronde van 75 verseker het dat hy in die tiende plek lê.

Kaiyuree Moodley het nie haar beste dag beleef in die tweede ronde van die vrouegholf nie. Sy het met syfers van 81 (11 oor baansyfer) geëindig, wat saam met haar syfers van 77 in die eerste ronde haar totaal tot 158 laat opskuif ná 36 putjies. Dis goed genoeg vir die 27ste plek.

Wat die roei betref, het Liam Smit (mansenkelskul) tweede in die halfeindronde vir groep C en D geëindig in 1:37.44.

Hy het daarna in die D-groep se eindronde deelgeneem waar hy derde was in 1:40.34, wat nie goed genoeg vir ’n medalje was nie.

Katherine Williams (vroue-enkelskul) het derde in die halfeindronde van groep C en D klaargemaak in 1:51.51 om algeheel die 15de plek te beklee.

Lisa Conradie was 30ste in die artistieke gimnastiek se kwalifiserende ronde, met Ruan Lange wat 18de was.

Meer oor:  Kayla De Waal  |  Cole Stevens  |  Suid-Afrika  |  Buenos Aires  |  Medaljetabel  |  Olimpiese Jeugspele  |  Gholf  |  Hokkie  |  Swem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.