Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: ‘Mini-Bruce Lee’ (10) 'n klein spiertier

’n Japannese skoolseun en sy obsessie met Bruce Lee het die internet gaande.

’n Saamgestelde foto van die jong Ryusei “Ryuji” Imai en die legendariese gevegkuns-ster Bruce Lee in sy gloriedae in Hollywood. Foto: Instagram / ryuseiimai0416

Rioesei (Rioedji) Imai is net tien jaar oud, maar sy ongelooflike fisieke toestand en vermoë wat betref die gevegkuns sou selfs die Hollywood-legende trots maak.

FoxSports berig Rioesei, wat by aanhangers die bynaam “Mini-Bruce Lee” gekry het, kyk glo die koeng foe-koning se rolprente sedert hy ’n jaar oud is.

Sy ouers was destyds stomgeslaan deur sy vermoë om Lee se gevegkuns na te boots en Rioesei het in 2015 vir die eerste keer wêreldwyd gewildheid verwerf toe hy die Hollywood-ster se noentjakoe-vaardighede op sosiale media volmaak nadoen.

Rioesei se gewildheid het sedertdien geweldig toegeneem en hy het meer as 70 000 volgelinge op Instagram en byna 320 000 op Facebook.

“Bruce Lee se sêding ‘moenie dink nie, voel’, ek kan sien hoe daardie gevoel by Rioesei se gesig uitstraal,” sê sy pa, Rioedji Imai.

“Dit is die coolste ding. Ek is mal oor Bruce Lee en so ook Rioesei.”

Die jongeling deel gereeld foto’s en video’s op sosiale media waar hy sy blitsvinnige vuis- en voetwerk ten toon stel.

“Ek wil so cool wees soos Bruce Lee,” sê hy.

“Ek wil so vinnig soos hy kan beweeg.”

Rioesei se strawwe daaglikse oefenprogram bevat eenarmopstote op sy kneukels, hardloopwerk en vloeroefeninge.

Dit is geen verrassing nie dat sy gespierde liggaamsbou die aandag van ’n groot klomp aanhangers op sosiale media trek, maar so ook dié van sy skoolmaats.

“My vriende sê ‘my spiere is wonderlik’ wanneer ek my hemp in die LO-klas uittrek,” sê Rioesei.

Sy pa is egter nie van plan om onnodige druk op sy seun te plaas nie, al skyn Rioesei se ster helder met ’n blink toekoms wat wink.

“Ek wil hê hy moet hom toewy aan dit wat hy liefhet met ’n eerlike hart en nooit opgee nie. Ek sal tevrede wees solank hy dit onthou en homself geniet.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Bruce Lee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.