Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Minister gereed om Saskok voor stok te kry

Die minister van sport, Thokozile Xasa, sal Vrydag uiteindelik uitsluitsel gee oor die veranderinge wat sy en haar departement by die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) wil aanbring.

Xasa gaan dán die sluier lig oor die finale verslag van die Zulman-kommissie, wat aan die begin van die jaar ondersoek ingestel het na die doen en late van Saskok se baadjiedraers.

Gideon Sam, president van die beleërde Saskok. Foto: Gallo Images

Regter Ralph Zulman, die oud-krieketbaas Ali Bacher en die arbeidsprokureur Shamima Gaibie moes die Saskok-katnes oopkrap nadat die Olimpiese liggaam se uitvoerende hoof, Tubby Reddy, en finansiële hoof, Vinesh Maharaj, in Januarie weens finansiële ongerymdhede afgedank is.

Netwerk24 verneem Xasa het ál Zulman-hulle se aanbevelings rondom die toekoms van Saskok aanvaar en dat die veranderinge by Saskok-huis “ingrypend” sal wees.

’n Voorlopige verslag deur die Zulman-kommissie is in Oktober reeds aan rolspelers gestuur, en beveel onder meer aan dat die Saskok-president (die posisie wat Gideon Sam tans beklee), ’n rekenmeester en handelsprokureur gekies moet word uit ’n groep kandidate wat “onafhanklik is en geen affiliasie met ’n (ander) sportliggaam het nie”.

Dieselfde geld die nuwe uitvoerende hoof, finansiële hoof en direkteur van kommunikasie.

Zulman-hulle wil ook sien dat al Saskok se beleide en prosedures hersien word, dat die reistoelae en ander finansiële voordele vir die president, raadslede en uitvoerende hoof bespreek moet word en dat ’n volledige oudit gedoen word van alle finansiële transaksies die afgelope vyf jaar.

Saskok se raads- en personeellede se soustrein-ritte het reeds vanjaar so te sê heeltemal verdwyn, met die Olimpiese liggaam finansieel diep in die knyp.

Meer oor:  Zulman-Kommissie  |  Thokozile Xasa  |  Saskok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.