Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Minnaar (36) wil laaities les leer op bergfiets

Sy lyf het al baie stampe, stote en valle op sy bergfiets verduur. En op 36-jarige ouderdom is die Suid-Afrikaner Greg Minnaar nie meer in die fleur van sy sportloopbaan nie.

Greg Minnaar vlieg verlede maand deur die lug by die Wêreldbeker-byeenkoms in Mont-Sainte-Anne, Kanada. Foto: Red Bull | Bartek Wolinski

Tog kan hy die laaities in die vreeslose sport van bergaf-wedrenne nog ’n ding of twee leer – en wys dat ervaring met bloed, sweet en trane verwerf word.

Dié KwaZulu-Nataller glo hy het nog baie om te bewys én hy droom nog groot.

Minnaar tree Sondag in Lenzerheide, Switserland, aan vir sy soveelste wêreldbyeenkoms, en hy mik na ’n plek op die podium.

Minnaar spog met drie wêreldtitels: in 2013 in Pietermaritzburg, 2012 in Leogang, Oostenryk, en in 2003 in Lugano, Switserland.

Benewens dié drie goue medaljes is daar vier silwer- en drie bronsmedaljes in sy trofeekas.

“Ek het in 2003 my eerste wêreldtitel gewen. Dit sal ongelooflik wees om vyftien jaar later nóg een te kan wen.”

Sy seisoen het ’n terugslag beleef toe hy in Junie sy regterarm gebreek het by ’n oefensessie voor die Wêreldbekerbyeenkoms in Fort William, Skotland.

’n Fietspedaal het ’n rots getref en hy het bo-oor sy handvatsels gevlieg.

“Ek het gedink die been sou vinniger herstel, maar dit was langs die elmboog, wat dinge bemoeilik het,” sê hy.

My fiets (Santa Cruz) voel goed. Ons het in die laaste Wêreldbeker-wedrenne ’n paar verstellings gemaak en dit het goed uitgewerk.
Greg Minnaar

Hy was verlede maand by die Wêreldbekerbyeenkoms in Mont-Sainte-Anne, Kanada, terug op sy fiets en het 16de geëindig.

By die volgende byeenkoms in La Bresse, Frankryk, het dit minder goed gegaan en hy het 58ste geëindig.

Hy is tans 98ste op die wêreldranglys.

Switserland, en spesifiek Lenzerheide, is egter ’n gunsteling-jagveld vir Minnaar.

Hy het verlede jaar daar eerste geëindig by ’n Wêreldbeker-byeenkoms. In 2016 het hy derde klaargemaak.

Hy sê hy het verlede week goeie toetslopies in Frankryk gehad.

“My fiets (Santa Cruz) voel goed. Ons het in die laaste Wêreldbeker-wedrenne ’n paar verstellings gemaak en dit het goed uitgewerk.

“Ek hou van die roete en moet net sterk trap. Enigiets kan in afdraande renne gebeur,” sê hy.

* Johann Potgieter was by verlede jaar se Wêreldbyeenkoms in Cairns, Australië, die voorste Suid-Afrikaner met ’n 43ste plek. Stefan Garlicki het 48ste geëindig met Minnaar wat 61ste klaargemaak het.

Die Fransman Loïc Bruni is die verdedigende kampioen.

SA span: Afdraand: Mans: Greg Minnaar, Johann Potgieter, Stefan Garlicki, Theo Erlangsen; Juniors: Connor Finnis, Jasper Barrett.

TV: Sondag 14:20 op SS 8.

Meer oor:  Greg Minnaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.