Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
MMA-kampioen McGregor tree wéér uit

Die gemengde gevegskuns (MMA)-kampioen Conor McGregor het sy uittrede uit die sport aangekondig – vir die derde keer in vier jaar.

Die Ier het die nuus Sondagoggend op Twitter gedeel.

“Hey ouens, ek het besluit om uit vegkuns te tree. Dankie vir al die ongelooflike herinneringe! Wat ’n rit was dit nie! Hier is ’n foto van my en my ma in Las Vegas ná een van my wêreldtitel-oorwinnings!” skryf hy by ’n foto van hom en sy ma.

Hy het ook beloof om vir sy ma haar droomhuis te koop.

Die 31-jarige voormalige veergewig- en liggewigkampioen het vir die eerste keer in April 2016 uitgetree. In Maart 2019 het hy weer aangekondig dat hy sy handskoene gaan ophang, maar albei kere was sy uittrede van korte duur.

McGregor het in Augustus 2017 in ’n multimiljoendollar-boksgeveg teen die kampioen Floyd Mayweather in Nevada geveg. Mayweather het dié boksgeveg gewen. – Reuters

Meer oor:  Conor Mcgregor  |  Mma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.