Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Modefat Mike Tyson gevaarlik in pienk!
Mike Tyson is deesdae iemand wat kleredrag ernstig opneem. Foto: Getty Images

Pasop as jy die dag sien Mike Tyson dra ’n pienk hemp!

Dié voormalige swaargewig-bokskampioen sê in ’n nuwe onderhoud met GQ dat pienk hom aggressief maak.

“Wanneer ek pienk dra, gaan ek nie ’n gawe ou wees om mee te gesels nie. Want wanneer ek pienk dra, is ek ernstig. Pienk laat my manlik voel!” sê Tyson.

Tyson is deesdae ’n modefat. Hy verskyn in ’n fliek wat Tommaso Ottomano geskiet het om die ontwerper Fausto Puglisi se eerste versameling vir Roberto Cavalli se modehuis bekend te stel.

Puglisi se klere vertoon, onder meer, sebrastrepe en is glo deur die “Amerikaanse droom” en die popikoon Andy Warhol geïnspireer.

’n Instagram-foto en -boodskap wat die ontwerper Fausto Puglisi geplaas het. Mike Tyson verskyn op die foto in een van Puglisi se skeppings.

Die ontwerper is daarvoor bekend dat hy al in die verlede vir supersterre soos Lady Gaga en Jennifer Lopez rokke gemaak het.

Nou maar waarom saam met iemand soos Tyson werk?

“As jy ’n 16-jarige of ’n 80-jarige vra wie is Mike Tyson, ken almal hom. Hy is soos die Vryheidsbeeld (Statue of Liberty), Marilyn Monroe en Coca-Cola,” het Puglisi aan die Fashion Network gesê.

Die ontwerper Fausto Puglisi (bo) het Mike Tyson gebruik om sy versameling vir Roberto Cavalli se modehuis bekend te stel. Foto: Getty Images

“Maar hy is meer as die bokskampioen en Amerikaanse ikoon. Sy persoonlike verhaal is een van oorlewing en vasbyt. Hy verteenwoordig Amerika en die Amerikaanse Droom en al die moontlikhede wat dit inhou, maar tog ook die keersy.”

Pugliso het Tyson glo omtrent laat doen wat hy wou gedurende die verfilming.

Die oudkampioen is deesdae weer hard aan die oefen vir ’n vertoongeveg waaraan hy in September wil deelneem.

Dis nog nie bekend teen wie hy gaan boks nie.

Die modebaas Roberto Cavalli saam met sy vrou, Eva. Foto: Getty Images

Meer oor:  Boks  |  Mike Tyson  |  Mode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.