Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Moeilike taak wag op Do It Again in July
Do It Again sal volgende week op sy beste moet wees as hy weer die Durban July wil wen. Foto: Daily Sun

Do It Again sal op sy beste moet wees en die jokkie wat hom gaan ry sal sy storie moet ken as hy vanjaar weer die Durban July wil wen.

Dié tweemalige wenner van die gesogte wedren het ’n moeilike loting om te oorkom in volgende Saterdag se prestige byeenkoms by Greyville in Durban.

Gelukkig vir sy ondersteuners sal die gesoute Richard Fourie op Do It Again se rug wees wanneer hy in die 16de wegspringhokkie aantree.

Do It Again het in 2018 die wedren gewen toe hy 15de geloot was en in 2019 het hy uit die agtste wegspringhok begin.

Verlede jaar het hy die wydste van almal – uit wegspringhok nommer 18 – begin en steeds derde geëindig.

Rainbow Bridge word as een van die vroeë gunstelinge beskou om vanjaar die July-wedren te wen. Foto: Gold Circle | Candiese Lenferna

Die sewejarige reun se kanse om weer goed te vaar, moet dus nie gering geskat word nie.

Hy is een van vier perde wat vir die afrigter Justin Snaith gaan aantree. Die ander drie is Belgarion, verlede jaar se wenner, Nexus en Crown Towers.

Een van die plaasvervangers vir die wedren, Silver Host, is ook uit die Snaith-stal.

Een van die vroeë gunstelinge, Rainbow Bridge, sal vir die afrigter Eric Sands in die eerste wegspringhok aantree. Luke Ferraris sal op sy rug wees.

Atyaab, wat deur die Gqeberha-afrigter Zietsman Oosthuizen afgerig word, was ongelukkig om nie die finale deelnemerslys te haal nie.

Die top-jokkie Richard Fourie sal Do It Again in vanjaar se July-wedren ry. Foto: Gallo Images

Die deelnemers aan die July, in volgorde van wegspringhok, naam, gewig, jokkie en afrigter, is:

1; Rainbow Bridge; 60 kg; Luke Ferraris; Eric Sands

2; Johnny Hero; 53; Kabelo Matsunyane; Tyrone Zackey

3; Shah Akbar; 53; Calvin Habib; Sean Tarry

4; ExpressFromTheUS; 54; Marco van Rensburg; Stuart Pettigrew

5; Crown Tower; 53; Luduyo Mxothwa; Justin Snaith

6; Rascallion; 53; Sean Veale; Vaughan Marshall

7; Linebacker; 53; Grant van Niekerk; Vaughan Marshall

8; Sovereign Spirit; 54; Keagan de Melo; Candice Bass-Robinson

9; Cirillo; 53; Lyle Hewitson; Sean Tarry

10; She’s a Keeper; 52; Warren Kennedy; Gareth van Zyl

11; Belgarion; 58; S’manga Khumalo; Justin Snaith

12; Nexus; 53; Craig Zackey; Justin Snaith

13; Running Brave; 52,5; Nog nie bevestig; Fanie Bronkhorst

14; Got The Greenlight; 55; Muzi Yeni; Joe Soma

15; Matterhorn; 53; Serino Moodley; Alyson Wright

16; Do It Again; 57,5; Richard Fourie; Justin Snaith

17; Tristful; 53; Callan Murray; Tony Rivalland

18; Kommetdieding; 53; Gavin Lerena; H. Crawford/M. Rix

Plaasvervangers: Silver Host (Justin Snaith) en Shango (Sean Tarry).

Meer oor:  Perdesport  |  Do It Again  |  Perdewedren  |  Durban July  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.