Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Molokwane: Netbal ‘het nie kwotas’

Hoekom praat ons van kwotas? In netbal is daar nie kwotas nie.

So het Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), Maandag op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 30:  during the
Cecilia Molokwane / Foto: Gallo Images

Kwotas in Suid-Afrika se grootste vrouesport het onlangs weer opslae gemaak toe Mpumalanga se Sunbirds weens ’n ongelyke rassesamestelling op die baan hul plek in die eindstryd van Afdeling B van die Nasionale Liga verbeur het.

Molokwane sê NSA het “teikens wat ons vir onsself gestel het”.

“Die provinsies en distrikte het vir hulself teikens gestel en hulle volg die demografie van ons land.”

Die netbalbaas sê NSA stel nie teikens vir enigeen nie.

“Distrikte stel teikens vir hulself volgens hul streek se demografie en provinsies volg wat die distrikte daarstel.

“Distrikte het die spelers, nie provinsies nie.”

Molokwane sê dit is NSA se plig om ’n speler te beskerm wat dalk in haar provinsie in ’n minderheidsgroep val.

“As ’n persoon van ’n kwota praat, is ek verbaas. Verduidelik vir my wat dit is.

“Dit gaan nie daaroor om ’n swart of wit speler te beskerm nie, maar ’n speler, en ook die demografie van ’n provinsie.”

Molokwane sê as byvoorbeeld Limpopo oorwegend swart is, moet NSA vir wit spelers geleenthede gee. Nie omdat hulle wit is nie, maar omdat hulle daar ’n minderheidsgroep is.

“Ons moet die speler sien wat netbal wil speel en nie die kleur nie.

Dorette Badenhorst, die SA netbalafrigter. Foto: Gallo Images

“As Dorette (Badenhorst, die SA afrigter) ’n groep name vir goedkeuring voorlê, vra ek vir haar ‘coach, is jy tevrede’, want sy moet die span kies wat die werk op die baan kan doen.

“As ’n afrigter ’n speler kies, moet sy in haar glo.”

Molokwane sê die uitvoerende komitee het onlangs ’n suksesvolle vergadering met die Mpumalanga-netbalunie gehad, maar sal “kwessies intern oplos en nie in die media nie”.

NSA se raad vergader op 28 November en sal dan verskeie sake bespreek.

Intussen sal Suid-Afrika en Malawi in ’n eerste vir netbal einde vandeesmaand ’n toetsreeks in Sun City se Superbowl speel.

’n Groep spelers sal Sondag by Sun City saamtrek en Maandag proewe speel.

Daarna sal ’n groep van 15 spelers vir die toetse op 26, 27 en 29 November gekies word en die res sal oefenmaats wees.

Badenhorst het Maandag gesê die Protea-verdediger Karla Pretorius het in ’n oefensessie ’n enkelbesering opgedoen en sal nie teen die African Queens in aksie wees nie. Sy sal wel die oefenkamp bywoon.

Geen toeskouers sal by die toetsreeks toegelaat word nie.

Ná die Uitdaagreeks sal die Suid-Afrikaanse kampioenskapstoernooi in Desember in ’n bioborrel by ’n oord in Bela-Bela in Limpopo gehou word.

Die Protea-verdediger Karla Pretorius, wat haar klubnetbal in Australië speel, is beseer en sal eers in Januarie weer kan speel. Foto: Getty Images

Meer oor:  Nsa  |  Netbal  |  Netbal Suid-Afrika  |  Cecilia Molokwane  |  Vrouesport  |  Kwotas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.