Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Monster’ te sterk vir ‘Legende’
Naoya Inoue. Foto: Getty Images

En daar byt die legende toe in die stof teen die monster!

Donderdag se wêreldtitel-boksgeveg tussen die kapokgewigte Naoya Inoue van Japan en Nonito Donaire van die Filippyne in Saitama, Japan, is vooraf as die “Monster teen die Legende” geadverteer.

Die 26-jarige Inoue is die monster en die 37-jarige Donaire die legende.

Ná 12 opwindende rondes was dit Inoue wat met punte gewen het om steeds die Internasionale Boksfederasie se kampioen te wees.

Dié geveg was ook die eindronde van die uitklopreeks tussen die wêreld se beste kapokgewigte en Inoue het ook die Muhammad Ali-trofee gekry vir sy oorwinning.

Donaire, wat voorheen titels in vier gewigsklasse gewen het, is vooraf deur heelwat kritici afgeskryf.

Die “Filippynse Flash”, soos hy ook genoem word, het egter goeie rekenskap van homself teen die jonger vegter gegee.

Hy het al in die tweede ronde ’n sny bo Inoue se regteroog oopgeslaan.

Hy het die Japanner ook ’n paar keer geskud, maar teen die einde was dit die jonger vegter wat die botoon gevoer het.

Donaire was in die 11de ronde teen die planke en het teen die einde van die geveg gedaan gelyk.

Meer oor:  Boks  |  Naoya Inoue  |  Nonito Donaire
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.