Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Morgan SA hokkie se nuwe president

Deon Morgan is die nuwe president van die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging (Saha). Hy was voorheen van Port Elizabeth maar het hom in Johannesburg gevestig.

Mike du Plessis, voormalige president van die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging, en sy opvolger, Deon Morgan. Foto: Facebook

Die beheerliggaam se uitgestelde jaarvergadering van 2018 is die afgelope naweek by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gehou.

Die 47-jarige Morgan het voorheen op Saha se uitvoerende raad gedien.

Hy neem die leisels by Mike du Plessis, wat vir ses jaar as president gedien het.

Morgan was voor die verkiesing die enigste oorblywende kandidaat wat as president gestaan het.

Drie van die aanvanklike kandidate, John Wright, Sheila Brown en Lwandile Simelane, het hulle vooraf onttrek.

Jo Morley-Jepson, voormalige nasionale speler en keurder, is die vroue se nuwe keurderbaas.

Die nasionale vrouespan se tweede oefenkamp van die jaar by St. Stithians College het intussen die naweek begin en sal tot Vrydag duur.

Rob van Ginkel, nuwe afrigter van die nasionale vrouespan, het ’n paar nuwelinge vir die tweede oefenkamp genooi.

Quanita Bobbs/Foto: Gallo Images

Van die spelers wat nie die eerste oefenkamp kon bywoon nie, is terug in die kamp.

Nicole la Fleur, Phumi Mbande en Quanita Bobbs sal die tweede kamp volgens sahockey.co.za bywoon.

Die nasionale binnenhuise speler Amore de Wet is betrek saam met spelers soos Bianca Woods, Charné Maddocks en Stephanie Botha. Van die ander jong spelers is Donna Small, Kirsty Adams, Mia Barnard, Sandi Tabata en Saré Laubser.

Die pos as nasionale afrigter vir die mans sal binnekort geadverteer word.

* SA oefengroep: Phumi Mbande, Erin Hunter, Mia Barnard, Sandi Tabata, Amore de Wet, Izelle Verster, Mishca Ellis, Saré Laubser, Ashleigh Datnow, Kara Botes, Mmathshepo Modipane, Shindre-Lee Simmons, Bianca Woods, Kirsten Paton, Nicole la Fleur, Stephanie Baxter, Casey-Jean Botha, Kirsty Adams, Nicole Walraven, Stephanie Botha, Celia Evans, Lezaan Janse van Vuuren, Nicolene Terblanche, Sylvia van Jaarsveldt, Charné Maddocks, Lezan Jacobs, Nikki Veto, Tarryn Glasby, Courtney du Preez, Lillian du Plessis, Quanita Bobbs, Teagan Fourie, Donna Small, Lisa Deetlefs, Robyn Jonson, Toni Marks.

Meer oor:  Hokkie  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.