Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mthalane boks eindelik weer in Durban
Moruti Mthalane, hier besig om Genesis Libranza af te ransel, boks in Desember eindelik weer in Durban. Foto: Gallo Images

Die Internasionale boksfederasie se vlieggewigkampioen, Moruti Mthalane, sal ná byna vyf jaar eindelik weer in KwaZulu-Natal in aksie wees.

Mthalane (38) verdedig sy titel op 20 Desember in Durban teen Jayson Mama (23) van die Filippyne.

Mthalane, wat in Durban woon, het in Desember van 2015 laas daar geboks toe hy Renz Rosia van die Filippyne in die negende ronde met ’n tegniese uitklophou verslaan het.

Die laaste keer wat Mthalane in Suid-Afrika in aksie was, was in Oktober van 2017 toe hy Ardin Diale, ook van die Filippyne, in die tweede ronde uitgeslaan het.

Mthalane het aan SA Boxing Talk gesê hy is “vreeslik opgewonde” om weer in Durban te boks.

Hy het ook gesê daar is “geen manier” dat Mama hom gaan pakgee nie.

Roman Gonzalez van Nicaragua, een van die beste ligter boksers wat die afgelope klompie jaar in aksie was, verdedig intussen Vrydag sy super-vlieggewigtitel van die Wêreldboksvereniging.

Die vonke kan Vrydag in Mexikostad spat wanneer die gedugte Roman (Chocalito) Gonzalez (regs) van Nicaragua teen Israel Gonzalez van Mexiko boks. Foto: Getty Images

Gonzalez kom in die TV Azteca-studio in Mexikostad teen Israel Gonzalez van Mexiko te staan.

Roman, wat ook as Chocalito bekend staan, was al voorheen ’n wêreldkampioen in die strooigewig-, ligvlieggewig- en vlieggewig-afdeling.

Hy het nog net twee van sy 51 gevegte verloor en is een van die hardste slaners in die ligter afdelings.

Sy kragmeting met sy vangenoot is een van drie wêreldtitel-gevegte in die toernooi.

Julio Cesar Martinez verdedig ook sy vlieggewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) teen Moises Calleras en Juan Francisco Estrada plaas sy super-vlieggewigwtitel van die WBR teen Carlos Cuadras op die spel.

Meer oor:  Boks  |  Moruti Mthalane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.