Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mthalane se tier vergelyk met Mayweather

Sunny Edwards, die Engelsman wat Moruti Mthalane die naweek van sy vlieggewigtitel van die Internasionale Boksfederasie gestroop het, word nou in sommige kringe met Floyd Mayweather vergelyk.

Edwards (25) het Mthalane (38) Saterdag in Londen oortuigend met punte oor 12 rondes verslaan.

Sunny Edwards op pad na sy oorwinning oor Moruti Mthalane in Londen. Foto: Queensberry Promotions

Hoewel Mthalane alles in die stryd gewerp het om sy titel te behou kon hy eenvoudig nie die vlugvoetige Brit vaskeer nie.

Frank Warren, die Brit se promotor, het daarna gesê Mayweather sou sekerlik met Edwards se vertoning tevrede gewees het.

“Soos Floyd, glo Sunny daaraan om iemand te slaan en self nie geslaan te word nie,” het Warren gesê.

Edwards se krytvernuf is al voor hierdie kragmeting vergelyk met dié van Vasyl Lomachenko van die Oekraïne, wat onlangs nog as een van die beste boksers ter wêreld beskou is.

“Dis dalk nie die hele tyd mooi of opwindend nie, maar ek is moeilik om te klop,” het Edwards gesê.

Mthalane het toegegee dat die beter bokser hom verslaan het.

Chris Arreola het Andy Ruiz vroeg in hul geveg platgeslaan, maar het eindelik met punte verloor. Foto: Matchroom Boxing

Die man van KwaZulu-Natal kon eenvoudig nie daarin slaag om Edwards vas te keer en met kombinasies te straf nie. Nes hy hom getref het, het die Brit weggeglip.

Die Britse koerant The Sun het hul man se oorwinning gate uit geniet.

“Die jong man het die ou man ’n boksles geleer!” het dié koerant dit uitbasuin.

• Twee voormalige swaargewig-wêreldkampioene, Andy Ruiz en Joseph Parker, het die naweek vroeg-vroeg benoude oomblikke in hul gevegte beleef maar as wenners uit die stryd getree.

Hoewel Chris Arreola Ruiz in Carson, Amerika, in die tweede ronde platgeslaan het, het hy dié opwindende geveg met punte gewen.

Derek Chisora het Parker in Manchester in Engeland in die eerste ronde planke toe gestuur. Die Nieu-Seelander het egter opgestaan en uiteindelik die geveg met punte gewen. Dit was ’n naelskraapse oorwinning en Parker het reeds gesê hy is bereid om weer teen Chisora te veg. – Boxing Scene, The Sun, Sky Sports, BBC

* Kyk hier na hoogtepunte uit Sunny Edwards en Moruti Mthalane se geveg:

Meer oor:  Sunny Edwards  |  Boks  |  Londen  |  Moruti Mthalane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.