Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Potgieter se droom word waar

Twee nuwe kampioene is Saterdag in die Suid-Afrikaanse muurbalkampioenskappe gekroon.

Alex Fuller en Christo Potgieter. Foto: Reg Caldecott

Die tweede gekeurde Christo Potgieter (33) van Joburg Squash het uiteindelik vermag wat hom so lank ontwyk het, terwyl die eerste gekeurde Alex Fuller, streekwenner van die Westelike Provinsie, haar derde titel gewen het.

Potgieter het die oud-Kovsie Ruan Olivier, wat Noordelikes se streekwenner was, Saterdag in die Brooklyn-inkopiesentrum in Pretoria met 3-2 geklop.

Olivier het met 2-1 voorgeloop, waarna Potgieter tot ’n meer aanvallende benadering oorgegaan het om met 8-11, 11-7, 2-11, 11-3, 11-8 te seëvier.

“Ek het gevoel ek speel te verdedigend en het besluit om meer aanvallend te speel, wat gewerk het.”

Olivier het vroeër in die halfeindstryd afgereken met die kampioen, JP Brits.

Alex Fuller. Foto: Reg Caldecott

Fuller (27) het verlede jaar se finalis, Lizelle Muller, streekwenner in Port Elizabeth, met 3-0 vir haar derde nasionale titel geklop.

Fuller, wat baie jare reeds in die buiteland gesetel is, was in 2015 en 2018 ook die wenner en het toe met 11-8, 11-6, 11-5 gewen.

Verlede jaar se kampioen, Milnay Louw, kon weens ’n beseerde rug nie speel nie. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.