Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Muurbal in SA hervat in Oktober
Die verdedigende SA muurbalkampioene, Milnay Louw en JP Brits. Foto: BLD Communications

Muurbal in Suid-Afrika hervat in Oktober met ’n reeks streektoernooie in aanloop tot die Suid-Afrikaanse kampioenskap, wat van die 15de tot die 17de in Pretoria beslis sal word.

Die sport het voldoen aan die Covid-19-regulasies en daar gaan altesaam agt kwalifiserende streektoernooie wees voor die nasionale kampioenskap in die “glaskas” in die Brooklyn-winkelsentrum gehou word.

’n Groep van 256 mans en 128 vroue is vooraf in agt provinsies slaags, met die wenners wat dan vir die nasionale kampioenskap kwalifiseer.

Jennifer Sawyer, waarnemende president van Muurbal SA, sê die formaat in aanloop tot die nasionale kampioenskap bied spelers meer geleenthede as ooit vantevore.

Jennifer Sawyer, waarnemende president van Muurbal SA, sê die formaat in aanloop tot die nasionale kampioenskap bied spelers meer geleenthede as ooit vantevore.

Slegs die spelers, personeel en die uitsaaier sal by die baan in die winkelsentrum toegelaat word. Die betrokkenes sal voor elke dag geskandeer word, sosiale afstand sal gehandhaaf word en veiligheidsbeamptes sal die samekoms van groot groepe mense dophou.

Geen toeskouers sal vooraf by die toernooie toegelaat word nie.

Inskrywings vir die streektoernooie kan op sportyhq.com gedoen word. Dit sluit reeds Vrydag.

Die toernooie in Port Elizabeth, Kaapstad, Bloemfontein, Potchefstroom, Johannesburg, Pretoria, Pietermaritzburg en Durban word almal van 8 tot 11 Oktober gehou.

Oos-Londen is gasheer vir Grens se toernooi van 1 tot 4 Oktober. Die voorste vier mans en vroue daar sal kwalifiseer om die volgende week in Port Elizabeth weer deel te neem. – Sportredaksie

Meer oor:  Jennifer Sawyer  |  Brooklyn  |  Muurbal  |  Toernooi  |  Covid-19  |  Hervat  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.