Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ná Tour-trane tree Roglic vir Vuelta aan
Primoz Roglic in die geel trui as algehele voorloper gedurende 2020 se Tour de France. Foto: Getty Images

’n Maand nadat die Sloweense fietsryer Primoz Roglic se aanslag op die titel in die Tour de France tot ’n dramatiese einde gekom het, sal hy van Dinsdag af probeer om sy kroon in die Vuelta a España suksesvol te verdedig.

Dié 30-jarige is saam met Tom Dumoulin (Nederland) as mede-leiers deur hul span, Jumbo-Visma, gekies.

Saam met hulle in die span is ryers soos Sepp Kuss (Amerika) en Robert Gesink (Nederland), wat as werkesels in die Tour so byna glorie vir Roglic verseker het.

Dumoulin het sewende in die Tour klaargemaak, nadat hy sy eie kanse om te wen in die loop van die 21 skofte opgeoffer het deur eerder alles op die spel te plaas om Roglic te help.

Tom Dumoulin gedurende die 20ste skof, ’n individuele tydtoets, van die onlangse Tour de France. Foto: Getty Images

Dit het egter gedurende die voorlaaste skof ’n muis gebaar toe ’n omgesukkelde Tadej Pogacar (UAE) in die individuele tydtoets 1 minuut en 56 sekondes vinniger as sy landgenoot klaargemaak het. Dit het beteken dat Roglic die Tour algeheel in die tweede plek voltooi het.

Met die keuse van Roglic en Dumoulin as leiers, het Jumbo-Visma dit duidelik gemaak dat enigeen van dié twee as moontlike wenner beskou word.

“Gedurende die Vuelta sal dit duidelik word wie ons voorste ryer is. Ons span neem deel met twee ryers wat kan wen, waarvan een verlede jaar se wenner is,” sê Grischa Niermann, spanbestuurder van Jumbo-Visma, in ’n verklaring.

“Dit sal verseker dat ander spanne ’n wakende ogie oor ons hou. Ons sal met ’n goeie plan vorendag moet kom om ’n goeie vertoning te verseker.

“Ek dink ons het ’n baie sterk span, met twee ryers wat ons prioriteit is.”

Dumoulin (29) het in 2017 die Giro d’Italia gewen en was in 2015, toe hy die laaste keer aan die Vuelta deelgeneem het, sesde.

Die eerste skof word Dinsdag oor 173 km tussen Irun en Arrate beslis.

• Die 27-jarige Willie Smit, ’n Suid-Afrikaner wat vir die Burgos-BH-span ry, sal vir sy tweede Vuelta aantree. Hy het in 2019 algeheel 118de geëindig.

Meer oor:  Giro D'italia  |  Vuelta A Espana  |  Primoz Roglic  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.