Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Naamborg gaan Ysterman-wiele help rol
Sulke tonele is jaarliks ’n bekende gesig in Port Elizabeth. Foto: Argief

Isuzu is Maandag as die naamborg van die geskiedkundige Ysterman 70.3 Wêreldbyeenkoms, wat in September in Port Elizabeth gehou word, onthul.

Dit sal die eerste keer wees wat die Wêreldbyeenkoms in Afrika aangebied word.

Die vroue sal mekaar op 1 September pak, terwyl die mans mekaar die volgende dag die stryd sal aansê.

Meer as 6 000 atlete, wat die afgelope paar maande in ander byeenkomste wat wêreldwyd gehou is gekwalifiseer het, sal aan die byeenkoms deelneem.

Port Elizabeth het ’n volle Ysterman-byeenkoms vir die eerste keer in 2004 aangebied en doen dit steeds jaarliks.

In 2015 is die Ysterman-Afrikabyeenkoms ook vir die eerste keer in die stad aangebied.

Die Ysterman 70.3 Wêreldbyeenkoms is vir die eerste keer in 2006 in Clearwater in die Amerikaanse deelstaat Florida gehou.

* Die 70.3 in die naam, verwys na die getal myle wat die atlete sal moet aflê – 1,2 myl swem (1,9 km), 56 myl fietsry (90 km) en 13,1 myl hardloop (21 km).

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Ysterman  |  Baai  |  Borg  |  Isuzu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.