Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Naweek van vreemde uitklophoue
Die Chinese swaargewig Zhilei Zang stap weg nadat hy Devin Vargas planke toe gestuur het in Hollywood. Foto: Matchroom
Devin Haney (links) het maklik met punte teen Yuriorkis Gamboa gewen. Foto: Matchroom

Luis Ortiz was nie die enigste swaargewigbokser wat die afgelope naweek die tonge met ’n aardige uitklophou laat klap het nie.

Die groot Kubaan het in Los Angeles sy geveg teen Alexander Flores met ’n wrede lyfhou in die eerste ronde beëindig.

Flores het later aan Fox Sports vertel dat hy sy een oog teen Ortiz gekap het terwyl die Kubaan sy lyf aangeval het.

Alles het glo toe net voor Flores swart geword en hy het gevoel hoe sy een been lam word.

Die Chinese swaargewig Zhilei Zhang het in Hollywood vir Devin Vargas in die vierde ronde platgeslaan.

Vargas het ongemaklik geval en hoewel hy nie heeltemal uitgeslaan is nie, kon hy nie opstaan nie omdat sy een knie seergekry het.

Ortiz en Zhang mik albei na ’n titelgeveg teen Anthony Joshua.

Joshua het in 2012 die goue medalje op die Olimpiese Spele verower toe hy Zhang in die eindstryd verslaan het.

In nog ’n geveg Saterdag op dieselfde toernooi in Hollywood, het Devin Haney sy liggewigtitel van die Wêreldboksraad suksesvol verdedig toe hy Yuriorkis Gamboa maklik met punte oor 12 rondes verslaan het.

Meer oor:  Boks  |  Luis Ortiz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.