Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nederland se Anna uiteintlik baas
Anna van der Breggen het Donderdag koning gekraai in die tydtoets.Foto: Reuters

Nadat sy vier keer tevore in haar loopbaan tweede viool moes speel, het die Nederlandse fietsryer Anna van der Breggen Donderdag daarin geslaag om die tydtoets vir vroue by die Wêreld-padfietskampioenskappe te wen.

Dié 30-jarige het die 31,7 km in 40:20.14 in Imola, Italië voltooi.

Switserland se Marlen Reusser (+15.58) was tweede, gevolg deur nog ’n Nederlander, Ellen van Dijk (31.46).

Vir Van der Breggen sal die sege soet wees, aangesien sy die vorige drie jaar (2017 tot 2019) en ook in 2015 tweede was.

Die Amerikaner Chloé Dygert-Owen, 2019 se kampioen, was in ’n ongeluk betrokke en het nie die wedren voltooi nie.

Kerry Jonker van Suid-Afrika was 44ste.

Van der Breggen en Annika Langvad (Denemarke) het in 2019 die vroueafdeling van die Cape Epic gewen.

• Die tydtoets vir mans, oor 31,7 km, word Vrydag beslis.

Die Australiër Rohan Dennis sal mik om die titel ’n derde keer agtereenvolgens te wen.

België se Wout van Aert, Tom Dumoulin van Nederland en die Brit Geraint Thomas word ook as sterk aanspraakmakers op die titel beskou.

• Vrydag op SS Variety 1 vanaf 14:30. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.