Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nederlandse snelskaatser Lara (27) sterf

Die Nederlandse snelskaatser Lara van Ruijven het Vrydag haar stryd teen ’n outo-immuunsiekte verloor.

Lara van Ruijven in aksie in Kanada in 2018. Foto: Getty Images

Van Ruijven (27) is die afgelope twee weke in ’n hospitaal in Perpignan, Frankryk, behandel, nadat sy einde Junie tydens ’n oefenkamp skielik siek geword het. Die siekte is toe by haar gediagnoseer en sy is ook geopereer.

Die Koninklike Nederlandse Skaatsfederasie (KNSB) het in ’n verklaring op sy webtuiste bekend gemaak dat Van Ruijven haar stryd teen die siekte verloor het en het ook hulde aan haar gebring.

“Sy word nie alleen gewaardeer vir haar prestasie op die ys nie, maar ook vir die persoon wie sy was. Sy het oor ongelooflike deursettingsvermoë en dissipline beskik en was altyd vroulik, beskeie, met ’n belangstelling in haar medemens.”

Van Ruijven het in 2019 in Sofia, Bulgarye, die 500 m-wêreldtitel beklink en ’n Olimpiese bronsmedalje in die 3 000 m-aflos by die Winterspele in 2018 in Pjeongtsjang, Suid-Korea, verower. – Sportredaksie


Meer oor:  Skaats  |  Nederland  |  Lara Van Ruijven
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.