Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Neem my ernstig op, of jy gaan spyt wees’

As Ruann Visser en Justice Siliga dié naweek die daad by die woord voeg, kan boksondersteuners ’n opwindende Suid-Afrikaanse swaargewig-titelgeveg verwag.

Ruann Visser, die SA swaargewig-bokskampioen. Foto: Verskaf

Visser verdedig sy nasionale gordel Sondag in die Sun Arena Times Square in Pretoria teen Siliga.

Die kampioen het vandeesweek belowe dat hy ’n aggressiewee vertoning gaan lewer as in sy vorige geveg by dieselfde plek.

Visser was in Februarie teleurstellend toe hy teen Elvis Moyo van Zimbabwe met punte verloor het.

Visser is ’n groot man wat met die bynaam “The Giant King” spog. Maar hy laat sy teenstander soms toe om die pas aan te gee.

As hy dit weer teen Siliga toelaat, kan hy sy titel kwyt wees. Siliga is self nie ’n monster in die kryt nie, maar hy is ook beter as wat sy rekord aantoon.

Hy het agt oorwinnings en ses nederlae agter die blad. Dis nou nie juis die soort rekord wat ’n mens met ’n kampioen vereenselwig nie.

In sy twee laaste gevegte, teen Josh Pretorius en Luke Sutherland, het Siliga wel tekens getoon dat hy Visser probleme kan besorg.

Justice Siliga het Visser gewaarsku dat hy hom ’n pak slae gaan gee. Foto: Facebook

“Ek was verroes in my twee laaste gevegte nadat ek vir ’n jaar nie geboks het nie. As Visser my nie ernstig opneem nie, gaan hy spyt wees,” het Siliga dié week aan SA Boxing Talk gesê.

“As hy dink hy gaan my binne twee rondes uitslaan, maak hy ’n fout. Ek het hierdie titelkans verdien en ek gaan dit aangryp.”

Vir Visser, wat nog net twee van sy 17 gevegte in die beroepskryt verloor het, wag daar ’n moontlike geveg in Amerika as hy wen.

In die stadium wil boksondersteuners egter net vir ’n slag weer ’n ordentlike SA swaargewig-titelgeveg sien.

Die toernooi begin om 12:00 en daar is verskeie voorgevegte wat heelwat belangstelling gaande maak.

Die belowende swaargewig Vlad Sirenko van Oekraïne pak die ervare Denis Bakhtov van Rusland in een van hulle.

In nog een sê die junior swaargewigte Chris Thompson en Youssouf Mwanza mekaar die stryd aan.

Meer oor:  Boks  |  Ruann Visser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.