Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Negende F1-wedren bly in slag
Lewis Hamilton (Mercedes) het verlede jaar se Kanadese wedren op omstrede wyse gewen nadat Sebastian Vettel (Ferrari) beboet is. Foto: Getty Images

Die Kanadese Formule Een Grand Prix het Woensdag die jongste slagoffer van die Covid-19-krisis geword.

Dié wedren, wat op 14 Junie in Montreal moes plaasvind, is die negende wedren wat uitgestel is.

Die wedrenne in Australië en Monaco is gekanselleer, terwyl daar ’n skrale kans is dat dié in Bahrein, China, Viëtnam, Nederland, Spanje, Azerbeidjan en nou ook Kanada later nog ingepas sal kan word.

Die organiseerders moes nou reeds ’n besluit neem omdat dit lank neem om die baan in Montreal op te stel.

Die helfte van Kanada se Covid-19-gevalle is boonop in die Quebec-provinsie aangemeld. Montreal is die grootste stad in dié provinsie.

Ons sal julle met ope arms by die Gilles Villeneuve-baan verwelkom as dit veilig is om dit te doen.
Francois Dumontier

Francois Dumontier, president van die Kanadese GP, sê tans moet almal daarop fokus om Covid-19 te oorkom. “Ons sal julle met ope arms by die Gilles Villeneuve-baan verwelkom as dit veilig is om dit te doen.”

Die F1-base hoop steeds die enjins sal vanjaar nog kan brul in 15 tot 18 wedrenne.

Agt wedrenne is nodig vir ’n seisoen om as ’n wêreldkampioenskap geklassifiseer te word.

Weerstoestande is baie belangrik om te bepaal waar wedrenne aangebied word.

Die somers is warm in Montreal, maar die winter lank en ysig koud.

Toe Montreal in 1978 die eerste keer ’n Grand Prix aangebied het, is dit vroeg in Oktober beslis. Die volgende drie jaar is dit die laaste naweek in September beslis, maar dit was te koud. In 1982 is dit na Junie, die huidige tydgleuf, geskuif.

Van die seisoen se eerste tien wedrenne is die Franse Grand Prix op 28 Junie die enigste een wat nog nie uitgestel of afgelas is nie.

F1-base is egter onseker wanneer die seisoen sal kan begin.

Ná Le Castellet, Frankryk, moet die aksie skuif na Spielberg, Oostenryk, op 5 Julie.

Die Britse Grand Prix word op Silverstone gehuisves. Foto: GETTY IMAGES

Silverstone se organiseerders het gesê hulle sal einde April besluit oor die Britse wedren op 19 Julie.

Logistiek is voordelig vir die Britte, want sewe van die tien spanne is in die suidooste van Engeland gesetel.

Die moontlikheid is ook genoem dat twee Grands Prix op Silverstone aangebied kan word – die amptelike Britse Grand Prix en ’n tweede een met ’n ander titel.

Die Covid-19-pandemie bedreig F1 se aanbiedingsgeld, uitsaairegte en borgskapregte.

F1-base het reeds besluit dat spanne vanjaar se motors volgende jaar weer moet gebruik en ander besparingsmaatreëls is ook reeds ingestel.

Personeellede van McLaren en Racing Point en Williams is vandeesweek met verpligte verlof gestuur en Chase Carey, die FIA se uitvoerende hoof, het glo sy eie salaris met 20% gesny as deel van besparingsmaatreëls.

Zak Brown, die McLaren-baas, sê hy vrees tot soveel as vier spanne sal finansieel ondergaan.

Intussen het die Duitser Nico Rosberg gesê F1 het al tien spanne nodig om te oorleef.

“Dit sal afbreuk doen aan ’n wedren as twee of drie spanne nie deelneem nie,” sê hy. – BBC, Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Engeland  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Grand Prix  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Silverstone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.