Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Net handjievol mense by Tour se begin verwag
Toeskouers verlede jaar by die eerste skof van die Tour de France in Brussel, België. Foto: Getty Images

Toeskouers by die eerste paar dae van die Tour de France sal dalk beperk moet word.

Só sê die Franse ministerie van sport oor dié land se verbod op die samekoms van meer as 5 000 mense by groot geleenthede.

Édouard Philippe, die land se eerste minister, het Dinsdag gesê groot sport- en kultuurbyeenkomste waar meer as 5 000 mense verwag word, mag nie voor September gehou word nie.

Frankryk se inperking geld tot 11 Mei.

Die Tour de France se begindatum is vroeër van 27 Junie tot 29 Augustus uitgestel.

Vir eers beteken dit nie ’n uitstel of kansellasie nie, maar daar kan reëls ingestel word oor die getal toeskouers.

“Dit is te vroeg om te sê hoe dié reëling die Tour sal raak. Vir eers beteken dit nie ’n uitstel of kansellasie nie, maar daar kan reëls ingestel word oor die getal toeskouers,” het ’n woordvoerder van die ministerie van sport gesê.

Die Tour is die grootste byeenkoms op padfietsry se kalender en die sport se winsgewendste.

Meer as 23 000 mense het teen Maandag reeds in Frankryk weens die Covid-19-pandemie gesterf.

Die verbod op groot byeenkomste tot September beteken die Tour-organiseerders sal die eerste drie dae van die wedren streng beperkings moet hê oor die aantal toeskouers.

Die Tour het gewoonlik onbeperkte toegang vir toeskouers, met duisende wat met vlae, baniere en in kostuums die deelnemers langs die roete aanmoedig.

Die eerste skof oor 170 km vind in en om Nice plaas. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Tour De France  |  Toeskouers  |  Covid-19  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.