Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal: 2023 se WB-raad aangestel

Die voorbereidingswerk vir netbal se 2024 Wêreldbeker-toernooi is gedoen, nou begin die werk in alle erns.

Nathi Mthethwa, die minister van sport en ontspanning, het Dinsdag 2023 se raad van ses lede bekend gemaak wat nou met die Internasionale Netbalfederasie (INF) sal saamwerk.

Uit Netbal Suid-Afrika (NSA) se geledere, dien Cecilia Molokwane, die president van Netbal Suid-Afrika (NSA) en ’n raadslid van die INF, op die raad, asook Blanche de la Guerre, die uitvoerende hoof.

Cecilia MolokwaneFoto: Verskaf

Die res van die lede is: Patience Shikwambana, bedryfshoof van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok); dr. Lyndon Bouah, hoofdirekteur van die Wes-Kaapse departement van sport en kultuursake; Sumayya Khan, adjunkdirekteur van die departement van sport en kultuursake; en JP Smith van die Kaapstad-metro.

Hulle sal verantwoordelik wees vir:

• die strategiese algehele bestuur en nakomingsoudit.

• die goedkeuring van alle kontrakverpligtinge.

• die finalisering van ’n organisatoriese struktuur vir die reëlingskomitee.

• finansiële oorsig sodat die reëlingskomitee solvent bly.

• die goedkeuring van al die betrokke beleide.

• algehele projekkoördinering en verslagdoening.

Die toernooi sal van 17 Julie tot 8 Augustus 2023 in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaasvind. –

Sportredaksie

Meer oor:  Netbal  |  Nathi Mthethwa  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.