Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal-baas takel borg én swart afrigters
Netbal Suid Afrika (NSA) se president, Cecilia Molokwane, glo die TV-uitsaaier SuperSport moet ’n afsonderlike kanaal net vir netbal verskaf, veral omdat dié federasie die tweede grootste in die land is.
Molokwane het die afgelope week op ’n webinaar gepraat oor haar prestasies as president van NSA, en na haar droom verwys dat netbalspelers “soos Siya Kolisi betaal word.
“Ek wil dinge verander. Ek het meer as een keer gesê ons wil ’n toegewyde netbalkanaal op SuperSport kry. Hulle is ons borg en ons is dankbaar daarvoor. Maar as jy jou televisie aanskakel, wil ek nie sit en voetbal kyk nie. Ek betaal nie DStv om voetbal, rugby of daai ander dinge te kyk nie. Ek wil ook netbal kyk,” het sy gesê.
Molokwane glo dat netbal nie agter enige ander sportsoort in die ry hoef te staan nie en wil weet waarom netbal nie die erkenning kry wat dit verdien nie.
“Netbal is steeds die Federasie van die Jaar, ek is steeds die Administrateur van die Jaar en die span is steeds die Span van die Jaar van die SA Sport-pryse. Ons het al so baie gewen en ons word raakgesien. Dit maak ons gelukkig.
Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA). Foto: BackpagePix
“Ons is nie perfek nie. Ons het ons leemtes, maar ons probeer dit vul. Cecilia is nie groter as netbal nie, Bennie Saayman is nie groter as netbal nie. Dorette Badenhorst is nie groter as netbal nie. Netbal is die groter dier in die kamer. Ons moet die sport beskerm.
“As vroue in sport moet ons ernstig opgeneem word. Ons moenie in die tweede plek gesien word ná mansport nie. Ons is die grootste federasie in die land vir vroue, en net tweede ná sokker. Hoekom kry ons nie die erkenning wat ander federasies kry nie?”
Sy het uitgevaar teen hoe min swart afrigters daar in die sport is, en beweer dat swart afrigters glad nie geïnteresseerd is om die nodige kwalifikasies te verwerf nie.
“Dis ’n goeie vraag. Wat keer swart mense om bo uit te kom? Om ’n afrigter te wees moet jy geakkrediteer word. Jy kan die perd tot by die krip vat, maar jy kan nie hom dwing om te drink nie. In 2014 het ons 36 mense gehad om die provinsiale afrigterskursus te doen. Van die 36 was 18 wit, en die res was ons swart mense.
“Van die 36 het 11 die kursus voltooi. As mense dinge graag genoeg wil hê, sal hulle dit gaan kry. Wys my en ek sal probeer help om geleenthede te skep. Dis tyd om op te hou om die stelsel te blameer.”
Die Telkom-liga sal dié week amptelik aangekondig word, met spelers wat op 8 Oktober in ’n bioborrel sal gaan en op 14 Oktober sal begin speel.
Molokwane glo egter vas die spelers het meer blootstelling nodig as hulle in die topdrie in die wêreld wil wees.
Meer oor:  Supersport  |  Cecilia Molokwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.