Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal: Engelse kies nuwe kaptein vir WB
Serena Guthrie is die nuwe Engelse netbalkaptein.Foto: Getty Images

Agt Rose wat verlede jaar die Statebond se goue medalje aan die Engelse netbalspan besorg het, is Donderdag in dié land se Wêreldbeker-groep ingesluit.

Engeland, die gasheer vir dié toernooi in Julie vanjaar in Liverpool, sal aangevoer word deur Serena Guthrie.

Dié 29-jarige senterbaanspeler het haar debuut in 2008 gemaak en het al 90 toetse agter die rug.

Saam met haar in die triomfantelike Statebondspan was Jade Clarke, Eboni Usoro-Brown, Joanne Harten, Helen Housby, Geva Mentor, Natalie Haythornthwaite en Chelsea Pitman.

Die WB-toernooi in Liverpool duur van 12 tot 21 Julie.

Die Engelse is tweede op die wêreldranglys.

Om gekies te word en die kaptein te wees is ’n trotse oomblik. Die mededinging gaan taai wees.
Serena Guthrie

Guthrie neem die kapteinskap oor by Ama Agbeze (36), wat weens beserings nie gekies is nie.

“Om gekies te word en die kaptein te wees is ’n trotse oomblik. Die mededinging gaan taai wees. Dit is fantasties om op tuisbodem te speel en die land agter ons te hê. Ek kan nie wag nie,” sê Guthrie.

Dit is die derde keer dat die WB-toernooi in Engeland gehou word. Die eerste keer was in 1963 in Eastbourne en die tweede in 1995 in Birmingham. – englandnetball.co.uk

Engelse WB-groep:
Helen Housby, Joanne Harten, Natalie Haythornthwaite, Rachel Dunn, Serena Guthrie (k), Jade Clarke, Chelsea Pitman, Natalie Panagarry, Layla Guscoth, Eboni Usoro-Brown, Geva Mentor, Francesca Williams.

Meer oor:  Serena Guthrie  |  Engeland  |  Kaptein  |  Rose  |  Netbal  |  Wereldbekerreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.