Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal in SA eersdaags hervat

Netbal se Suid-Afrikaanse kampioenskappe sal soos verlede jaar in Desember gehou word.

Voor die koronavirus-pandemie is dié toernooi jaarliks in Augustus aangebied.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika. Foto: Netbal SA

Spanne kon vanjaar nog min oefen, maar noudat die land weer op vlak 3 van die nasionale inperking is, kan die netbal-aktiwiteite hervat word.

Die nasionale klubkampioenskapsreeks is een van die kompetisies wat einde Junie tydelik opgeskort moes word.

Cecilia Molokwane, die president van Netbal Suid-Afrika (NSA), sê dié beheerliggaam het hard agter die skerms gewerk om seker te maak dat hy gereed is wanneer die spel hervat kon word.

“Ons bly verbind tot die streng gesondheids- en veiligheidsmaatreëls wat die regering ingestel het.

“Lewens is belangriker as die sport. Dit is dus belangrik dat ons alles in ons vermoë doen om mekaar te beskerm terwyl ons netbal speel,” sê Molokwane.

NSA maak nou ook gereed om die Nasionale Liga aan te bied, wat in September en Oktober sal plaasvind.

Die Varsitybeker-reeks begin einde Augustus.

Molokwane sê distrikte en provinsies mag oefeninge reël, klinieke en werksessies aanbied, maar nie vir meer as 50 mense nie.

Sy sê dit is uitdagend as kompetisies stop en dan weer voortgesit word, maar dit is ongekende tye en NSA is buigsaam en kan veranderinge aanbring sou dit nodig wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Nsa  |  Netbal  |  Netbal Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.