Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal-leiers soek antwoorde by president

Die presidente van Suid-Afrika se netbalprovinsies het Woensdag eindelik hul langverwagte vergadering met Cecilia Molokwane, die nasionale netbalbaas, in Kaapstad.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), op 5 Augustus tydens die opening van die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Johannesburg.

Hulle soek verskeie antwoorde nadat verlede maand se raadsvergadering in Johannesburg hulle met onafgehandelde kwessies gelaat het.

“Die provinsiale leiers soek duidelike riglyne en bedryfsreëlings vir Netbal Suid-Afrika (NSA) se pad na 2023 se Wêreldbeker-toernooi, asook volgende jaar se toernooie, soos die Nasionale Liga,” sê Riana Bezuidenhout, president van Gauteng.

“Ons distrikte en ons plaaslike departement van sport soek antwoorde by ons.

“Ons moet vir 2023 beplan wat ontwikkeling en hoë prestasie betref,” sê Bezuidenhout.

Die presidente soek onder meer duidelikheid hoe lank die liga gaan duur en of dit in Maart of April gaan begin.

Daar is ook onsekerheid of Telkom sy borgskap gaan verleng.

Cecilia Molokwane. Foto: Gallo Images

Die presidente soek antwoorde op die bestuur en administrasie van die sport en nie “vae” visies vir 2023 nie, verneem Netwerk 24.

Die vergadering met Molokwane is direk ná die raadsvergadering aangevra.

Daarná het die burgerregte-organisasie AfriForum vir NSA ingelig dat iemand ’n klag by hom ingedien het dat Molokwane haar glo tydens die nasionale kampioenskap in Augustus in Johannesburg “skuldig gemaak het aan wangedrag en afbrekende opmerkings wat op ras gegrond is”.

Dit is onbekend wie die klag by AfriForum ingedien het.

NSA het tot dusver nie amptelik op die bewerings gereageer nie en ’n woordvoerder het Dinsdag gesê die saak word deur die sportliggaam se regsadviseurs ondersoek en ’n verklaring sal daarna uitgereik word.

Netwerk 24 verneem die presidente sal dié kwessie beslis onder “algemeen” op die vergadering se sakelys ophaal. Hulle soek antwoorde oor die aantygings. Enige persoon of span se beweerde wangedrag kan dadelik by die toernooi se dissiplinêre komitee aangemeld word.

* Molokwane is die naweek verkies tot die raad van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

Die Proteas pak Engeland Vrydag om 19:00, Saterdag om 15:00 en Sondag om 13:00 in drie toetse in die Velodrome in Bellville.

Intussen sal Suid-Afrika se o.21-span in voorwedstryde teen Lesotho te staan kom nadat Zimbabwe hom onttrek het.

Meer oor:  Nsa  |  Netbal  |  Cecilia Molokwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.