Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal: ‘Proteas gaan medalje huis toe bring’

“Ons gaan beslis huis toe met ’n medalje.”

So sê Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, wat tans die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool bywoon.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

“Die span het tot dusver baie goed gevaar. Hy het ’n skoon rekord van vier oorwinnings in soveel dae,” sê Molokwane.

“Ons kon daarin slaag om ons nemesis, Jamaika, te oorkom en dit het die spelers se selfvertroue ’n groot hupstoot gegee.

“Ek het nog die heeltyd geglo ons het ’n span wat enduit kan gaan. Die spelers glo dit ook en bewys dit in elke wedstryd wat hulle speel,” sê Molokwane.

Die Proteas het Sondag geskitter om Jamaika met 55-52 te klop.

Die netbalbaas en van haar kollegas steek tans ook kers op by die WB-organiseerders, want die volgende toernooi sal in 2023 in Kaapstad beslis word.

“Ons het reeds baie geleer en ek twyfel nie dat ons dit goed sal kan doen nie,” sê Molokwane.

“Ons het ’n span hierheen gebring sodat ons kan sien hoe dinge werk, hoe dit gedoen word en ons ’n goeie idee sal hê waaraan om te werk as ons teruggaan.”

Molokwane sê hulle neem notas en kry lesse en weet wat gewerk het en wat nie.

“Die organiseerders het hul harte vir ons oopgemaak en hulle idees met ons gedeel.

“Nou moet ons terugkeer en ons eie plan gaan opstel,” sê Molokwane.

Die toernooi eindig Sondag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.