Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbal: Proteas se WB-groep kan só lyk
Izette Griesel maak nog haar terugkeer na ’n enkeloperasie en het nog nie baie kans by die Smileys in die Nasionale Liga gekry nie. Foto: Backpagepix

Die tyd vir naels kou, is amper verby.

Die 12 uitverkorenes wat Suid-Afrika in Julie in Liverpool, Engeland, in die Wêreldbeker-toernooi gaan verteenwoordig, word Woensdag bekend gemaak.

Suid-Afrikaanse afrigters is dit eens dat Norma Plummer, die SA afrigter, sal hou by die kern van die groep met wie sy al ’n ruk gewerk het en wat in Januarie aan die Vierhoekige reeks teen Australië, Nieu-Seeland en Engeland deelgeneem het.

Die Proteas, vyfde op die wêreldranglys, sal in die groepfase teen Trinidad en Tobago, Fidji en Jamaika speel.

Die toernooi begin op 12 Julie en 16 spanne sal in aksie wees.

Van die agt Proteas wat oorsee speel, sal Sigrid Burger dalk die ongelukkige doelskieter wees om tuis te bly.

Lenize Potgieter en Ine-Marí Venter sal moontlik die doele wees, met Maryka Holtzhausen en Renske Stoltz die hulpdoele.

Romé Dreyer kan senter of aanvallende vleuel speel.Foto: Backpagepix

Bongiwe Msomi se adjudante as aanvallende vleuel behoort Romé Dreyer en Khanyisa Chawane te wees.

Dreyer en Chawane kan ook senter speel as plaasvervanger vir Erin Burger.

Shadine van der Merwe het haar as verdedigende vleuel gevestig. Chawane kan ook in dié posisie gebruik word.

Phumza Maweni en Karla Pretorius dek die laaste vesting met Zanele Vimbela as plaasvervanger.

Benewens Sigrid Burger, kan Tshina Mdau en Monique Reyneke twee ander ongelukkiges wees, wat in Januarie saam die span in Engeland was.

Izette Griesel en Precious Mthembu was weens beserings nie in September 2018 se Vierhoekige reeks of Desember se Diamantliga-reeks in aksie nie. Hulle was ook nie in Januarie 2019 saam die Proteas in Engeland nie.

Plummer het Griesel hoog aangeslaan voor sy ’n enkeloperasie ondergaan het.

Plummer het Griesel hoog aangeslaan voor sy ’n enkeloperasie ondergaan het.

Mthembu, wat ’n kniebesering gehad het, speel vir die Kingdom Stars, wat in Afdeling B aan die Nasionale Liga deelneem.

Albei is nog nie weer vlymskerp vir die groot verhoog nie.

Onder die 20 wat in April ná ’n oefenkamp aangewys is, tel ook Marlize de Bruin, Jessica Khomo en Jeanette Vermeulen.

SA se WB-groep kan so lyk:
 Erin Burger, Khanyisa Chawane, Romé Dreyer, Maryka Holtzhausen, Phumza Maweni, Bongiwe Msomi (k), Lenize Potgieter, Karla Pretorius, Renske Stoltz, Shadine van der Merwe, Ine-Marí Venter, Zanele Vimbela.

Meer oor:  Norma Plummer  |  Johannesburg  |  Proteas  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.