Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Suid-Afrikaanse netbal raak nog verder agter
Chanté Louw van Dr. Kenneth Kaunda en Panashe Chiranga van Johannesburg in aksie in verlede jaar se Suid-Afrikaanse kampioenskap in die Goudstad. Foto: Gallo Images

Netbalspelers in Suid-Afrika moet nou nog langer wag voordat hulle weer mag begin oefen.

Die plaaslike netbalgemeenskap het Maandag kop gekrap toe hy hoor Vusumuzi Mkhize, direkteur-generaal van sport, kuns en kultuur, het op ’n inligtingsessie van sy departement gesê Netbal Suid-Afrika (NSA) het nog nie sy planne vir die hervatting van die sport ingedien nie.

Nathi Mthethwa, minister van sport, het egter later Maandag glo aan Newzroom Afrika bevestig netbal hét aansoek gedoen om oefeninge te hervat.

Daar was ’n kommunikasiegaping tussen die beheerliggaam en die departement.

Mami Diale, NSA se direkteur van afbakening, wat die gesondheids- en protokolplanne opstel, het Woensdag by navraag gesê daar was ’n kommunikasiegaping tussen die beheerliggaam en die departement.

“Netbal het aanvanklik aansoek gedoen om op vlak 2 te begin oefen, want ons het gedink ons sal in Augustus op dié inperkingsvlak wees,” sê Diale.

Mami Diale, uitvoerende komiteelid van Netbal Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

“Ons hoef nie weer protokolplanne in te dien nie. Ons moet net ’n brief skryf waarin ons sê ons wil op vlak 3 oefen. Wedstryde sal eers op vlak 2 kan plaasvind.”

Dis nog onduidelik wanneer Suid-Afrika na vlak 2 van die inperking sal skuif.

Netbal het intussen waardevolle oefentyd verloor, want ’n ander kontaksport soos sokker hervat Saterdag al wedstryde, terwyl rugbyspelers ook die laaste paar weke in klein groepies kon begin oefen.

NSA wil hê die 12 spanne wat aan die Nasionale Liga gaan deelneem, moet in September begin oefen sodat dié streekkompetisie in Oktober kan begin. Die beheerliggaam is ook angstig dat ’n nasionale oefenkamp so gou moontlik gehou word.

Die Proteas sal moontlik in November kan speel.

NSA moet ook nog sy kampioenskapstoernooi vir manspanne inpas, asook die Suid-Afrikaanse kampioenskap. Laasgenoemde provinsiale toernooi sal waarskynlik in Desember beslis word. In ’n gewone sportjaar sou dit Maandag begin het.

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Suid-Afrika  |  Nsa  |  Netbal  |  Protokol  |  Oefen  |  Sportminister  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.