Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA maak jag op derde WB-medalje

Suid-Afrika het sy visier dié naweek op net sy derde medalje tot nog toe in ’n Wêreldbeker-netbaltoernooi.

Ons soek nog doele! Lenize Potgieter (hoofdoel) het al 204 doele vir die Proteas in dié Wêreldbeker-toernooi gesink. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

In net die tweede WB-toernooi ooit, het Suid-Afrika in 1967 in Perth derde geëindig.

Ná 25 jaar van isolasie – en bitter min voorbereiding – het Debbie Hamman (kaptein) se span in Birmingham die netbalwêreld van hom laat kennis neem met ’n skok-oorwinning oor Nieu-Seeland. Suid-Afrika het daarna in die eindstryd teen Australië verloor, maar die silwermedalje huis toe gebring.

Die datum was 29 Julie 1995 en nou mik die huidige Protea-groep na soortgelyke welslae, ook in Engeland.

Erin Burger, Suid-Afrika se mees ervare speler, sê hulle was teleurgesteld en gefrustreerd met Donderdag se nederlaag van 47-58 teen Engeland.

Die Proteas het reeds Woensdag vir die halfeindronde gekwalifiseer. Hulle sal Saterdag om 12:15 teen Australië te staan kom, met die Engelse Rose en Nieu-Seeland wat mekaar om 16:00 sal pak.

“Ons wil nie weer so voel soos ná Engeland nie,” sê Burger.

“Dit het nie heeltemal so uitgespeel soos ons geglo het dit sou nie.

“Daar is goeie dinge om uit dié wedstryd te vat, maar dit is nie hoe ons wou speel nie.”

Die doelskieter Caitlin Bassett is Australië se kaptein. Foto: Getty Images

Die 32-jarige senter sê hulle besef die Aussies gaan taai teenstanders wees.

“Dit gaan een van die heel grootste wedstryde van die toernooi wees.

“Ons wil egter nie te veel van ’n ophef daaroor maak nie. Elkeen moet net sy werk doen, dan sal ons orraait wees,” glo Burger.

Nog ’n Protea-veteraan is die hulpdoel Maryka Holtzhausen, wat sê die halfeindronde is waarvoor hulle gewerk het.

“Ons het tot nou hard gespeel, so ons is teleurgesteld met die vertoning teen Engeland.

Die Proteas maak ’n kringetjie ná verlede Sondagaand se oorwinning oor Jamaika. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

“Ons sal ons beste moontlike vertoning teen Australië lewer, ons alles gee en ons lywe op die baan los, indien nodig.

“Dit is een wat ons baie graag wil wen, so ons werk daarvoor,” sê Holtzhausen.

Karla Pretorius, die SA onderkaptein, meen die Proteas moet meer bestendig wees. “Australië het sterk een-op-een-verdediging. Hy maak min foute.

“As ons die bal het, moet ons ’n doel behaal,” sê Pretorius.

Begintye: 12:15: SA t. Australië (SS 10).

16:00: Engeland t. Nieu-Seeland (SS 10)

Proteas

* Sondag se uitspeelstryd om die derde plek is om 15:30, met die eindstryd om 17:45.

* Jamaika, nr. 2 op die wêreldranglys, beleef ’n teleurstellende toernooi en het nie die halfeindronde gehaal nie.

Só lyk Suid-Afrika se WB-resultate:

1963: 6de

1967: 3de

1995: 2de

1999: 5de

2003: 5de

2007: 6de

2011: 5de

2015: 5de.

Hoogtepunte van SA se 1995-toernooi:

Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.