Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbalbaas herstel van Covid-19

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), het ten volle van Covid-19 herstel nadat sy die afgelope twee weke in kwarantyn was.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Molokwane het twee weke gelede positief getoets nadat sy na Brittanje gereis het en was daarna in kwarantyn. Sedertdien het sy weer die toets ondergaan en dié keer was sy negatief. Sy tel nou onder die meer as 50 Suid-Afrikaners wat reeds van die virussiekte herstel het.

Sy het ook bevestig niemand met wie sy in kontak was nadat sy van Brittanje teruggekeer het, is positief getoets nie.

“Dit is so uitputtend om in kwarantyn te wees, maar dit was die moeite werd, vir my onthalwe en die mense naby aan my,” sê Molokwane in ’n verklaring.

“Ek het ’n driejarige dogtertjie en om haar nie eens ’n drukkie te kon gee nie, was ’n nagmerrie.”

Sy sê ’n mens moet gedissiplineerd wees, want die virus beweeg net soos wat mense beweeg.

“Die virus is ernstig en ek sien mense wat dit nie ernstig opneem nie en dit bekommer my. Ek en my familie sal aanhou om die staat van inperking te respekteer,” sê Molokwane.

“Vir almal wat vir my gebid het en diegene wat my nooit veroordeel het nie, sê ek baie dankie. Die koronavirus ken geen kleur, ras, geslag of geloofsoortuiging nie – of jy nou ryk of arm is, dit sal jou kry. Bly asseblief by die huis en bly veilig.” – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.