Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Steeds geen keer aan Jaguars

Die Jaguars mik vandag na ’n plek in hul sewende agtereenvolgende eindstryd van die Nasionale Liga.

Ná elf dae se netbalaksie in Bloemfontein is die laaste vier plekke bespreek.

Die Noord-Gautengers pak die Southern Stings om 14:00 in die eerste halfeindstryd, waarna die Crinums om 16:00 teen die Fireballs te staan sal kom.

Die Vrystaatse Crinums het tweede op die puntelys geëindig nadat hulle die Kingdom Stars gister met 45-39 geklop het.

Annelie Lucas se Wes-Kaapse Stings wou die vierde plek ten alle koste vermy, maar kon nie daarin slaag nie.

’n Uitgedunde, maar vasberade Fireballs-span het hulle gister met 46-35 geklop.

Die Stings, verlede jaar se naaswenner, het nou die gedugte taak om die Jaguars, die driemalige kampioen, te probeer stuit.

Daar was geen opskudding toe die Noord-Gautengers en die Noordwes-Flames in die laaste rondewedstryd teen mekaar te staan gekom het nie.

Die Flames kon met ’n verrassende oorwinning die Stings uit die vierde plek boender, maar dit was nooit werklik ’n realistiese doelwit nie.

Dumisani Chauke, afrigter van die Fireballs.

Die Jaguars het dié eensydige kragmeting heeltemal oorheers en met 46-27 gewen, nadat hulle rustyd met 26-18 voor was.

Die Pretoria-span het al hul groepwedstryde gewen en 19 punte in hul tien wedstryde behaal.

Die Crinums en die Fireballs het albei met 12 punte geëindig, maar die Vrystaters het ’n beter doelgemiddelde. Die Stings het 9 punte verdien.

Dumisani Chauke, afrigter van die Fireballs, sê haar spelers het hulle alles gegee, want hulle het geweet dit is alles of niks.

“Hulle het dissipline en kalmte aan die dag gelê.

“Jy vra altyd vir jou spelers om vasberade en toegewyd te wees en dit is presies wat hulle was. Hulle het gewys hulle is voorbereid op die halfeindronde,” sê Chauke.

Die kragmeting tussen die Fireballs en die Crinums sal ’n herhaling wees van Vrydagoggend se rondewedstryd. Dit was ’n goeie wedstryd waarin die Vrystaters met twee doele deurgeskraap het.

  • Die Flames en die Stars speel vandag om 18:00 ’n uitspeelwedstryd om die vyfde plek. Die eindstryd word Dinsdagaand beslis.
  • 14:00 op Variety 4 (209).
Meer oor:  Netballiga  |  Jaguars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.