Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
NFL maak geskiedenis met beamptes

Die NFL het Maandagaand vir die eerste keer in sy geskiedenis ’n groep skeidsregters ingespan wat uitsluitlik uit swart personeel bestaan vir die Amerikaanse voetbalwedstryd tussen die Los Angeles Rams en die Tampa Bay Buccaneers.

Jerome Boger het die groep beamptes met die historiese geleentheid aangevoer. Foto: Getty Images

npa.org berig die groep beamptes, bestaande uit Barry Anderson, Julian Mapp, Carl Johnson, Dale Shaw, Anthony Jeffries en Greg Steed, is deur die skeidsregter Jerome Boger aangevoer.

Die NFL het verlede week sy planne bekendgemaak, ’n skuif wat deur die liga se visepresident, Troy Vincent, beskryf is as ’n “bewys van die ontelbare en onmeetbare bydraes deur swart beamptes aan ons sport, hul uitstaande vertonings, en die mag van inklusiwiteit wat die waarmerk is van hierdie groot spel”.

Vyf lede van die groep werk gereeld saam. Johnson en Steed het hulle Maandagaand by die groep aangesluit vir die kragmeting tussen die twee mededingers om ’n plek in die uitspeelrondes.

Die groeplede het gesamentlik 89 seisoene se NFL-ervaring agter die blad en was in ses Super Bowls werksaam.

Bruce Arians, die afrigter van die Buccaneers en ’n uitgesproke voorstander van diversiteit in die liga, het die besluit geloof.

“Dit moes al lankal gebeur het,” sê Arians.

“Ek ken baie van hierdie ouens persoonlik. Hulle is uitstekende beamptes . . . Dit is ’n historiese geleentheid en ek dink dit is fantasties.”

Die eerste swart beampte in enige groot sportsoort was Burl Toler, wat in 1965 deur die einste NFL aangestel is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Amerikaanse Voetbal  |  Diversiteit  |  Nfl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.