Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
NFL-speler beboet omdat sy knieë wys
Odell Beckham Jr. (regs) se broek het volgens die NFL nie aan die liga se kleredrag-reëls voldoen nie. Foto: Getty Images

Die Cleveland Browns se Odell Beckham Jr. het gal gebraak oor ’n “belaglike” boete van Amerika se nasionale voetballiga (NFL) nadat bevind is die broek wat hy in ’n wedstryd gedra het, sy knieë nie genoegsaam bedek het nie.

FoxNews berig Beckham Jr. (26) is met $14 037 (R205 000) beboet vir die “kleredrag-oortreding” in Cleveland se nederlaag van 32-28 teen die Seattle Seahawks op 13 Oktober.

Volgens NFL-reëls moet broeke die knieë ten volle bedek.

Beckham Jr. het sy misnoeë op sosiale media uitgespreek. Foto: Instagram

“14k vir ’n broek wat my nie van enigiets gaan beskerm nie. Hierdie *** is belaglik,” sê hy in ’n inskrywing op Instagram saam met ’n foto van ’n brief wat hy van die NFL ontvang het.

Volgens die NFL word die reëls toegepas “om spelers teen beserings te beskerm, ’n mededingende balans te handhaaf, ’n professionele voorkoms te skep en die liga se besigheidsvennootskappe te beskerm”.

Beckham Jr. kan appelleer teen die boete – die 13de van sy loopbaan.

Hy is vroeër in Oktober met dieselfde bedrag beboet vir “onsportiewe gedrag” weens ’n fisieke onderonsie op die veld met die Baltimore Ravens se Marlon Humphrey, terwyl hy in 2016 ook vir ’n kleredrag-oortreding $18 231 moes opdok.

– Sportredaksie

Meer oor:  Amerikaanse Voetbal  |  Odell Beckham Jr  |  Nfl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.