Sarah Thomas sal in Februarie weer geskiedenis maak as die eerste vrou om as ’n beampte in ’n Super Bowl op te tree.

Sarah Thomas is gereed om haar man te staan in Amerikaanse voetbal se Super Bowl. Foto: Getty Images
Thomas (47) doen diens in skeidsregter Carl Cheffers se span saam met Fred Bryan, Rusty Baynes, James Coleman, Eugene Hall, Dino Paganelli en Mike Wimmer.
“Sarah Thomas het weer geskiedenis gemaak as die eerste vrou wat as ’n Super Bowl-beampte aangestel is,” sê Troy Vincent, die NFL-visepresident.
“Haar elite-vertonings en toewyding aan uitnemendheid het gesorg dat sy die reg verdien om in die Super Bowl diens te doen.”
Thomas is in 2015 as die eerste voltydse vrouebempte in NFL-geskiedenis aangestel. Sy het haar buiging op 13 Sptember 2015 gemaak toe die Houston Texans gasheer gespeel het vir die Kansas City Chiefs.
Coleman en Thomas is Super Bowl-nuwelinge, terwyl die ander vir die tweede keer in Amerikaanse voetbal se grootste skouspel sal diens doen.
Cheffers was die skeidsregter vir Super Bowl LI in Houston toe die New England Patriots ’n agterstand uitgewis het om die Atlanta Falcons in bykomende tyd met 34-28 te klop.
– Reuters