Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nicholas Dlamini tree vir Vuelta aan

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Nicholas Dlamini en twee van sy landgenote is in die plaaslike NTT-span ingesluit vir die Vuelta a España – die laaste Grand Tour van die jaar.

Nicholas Dlamini neem van Dinsdag af deel aan die Vuelta a España. Foto: NTT

Dlamini (25) het verlede jaar die eerste keer aan die Vuelta deelgeneem, terwyl Stefan de Bod, ’n klimmer, sy buiging sal maak in die wedren wat Dinsdag begin.

Die ervare Reinardt Janse van Rensburg (31), ’n naelryer, sal die eerste keer sedert 2013 weer vir die Vuelta aantree. Hy het reeds vyf keer in sy loopbaan aan die Tour de France deelgeneem.

Dlamini sê in ’n verklaring hy is bly om aan die tweede Grand Tour van sy loopbaan deel te neem.

“Dit was vir almal ’n moeilike jaar en die feit dat ons aan ’n Grand Tour kan deelneem, is ongelooflik. Ek het baie ervaring met verlede jaar se Vuelta opgedoen en sien daarna uit om dit vanjaar toe te pas en om my beste te lewer, vir my en die span.”

Wanneer die wedren op 8 November in Madrid eindig, sal die gordyn ook sak oor die 2020-beroepseisoen.

Volgens die verklaring is die NTT-span steeds sonder ’n naamborg nadat NTT onlangs aangekondig het dat sy verbintenis met die span aan die einde van die seisoen tot ’n einde kom.

NTT se span vir Vuelta: Nicholas Dlamini, Reinardt Janse van Rensburg, Stefan de Bod, Carlos Barbero, Gino Mäder, Ben Dyball, Enrico Gasparotto, Michael Valgren. – Sportredaksie

Meer oor:  Nicholas Dlamini  |  Vuelta A Espana  |  Ntt-Span  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.