Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nieu-Seeland klop Australië in netbalriller

Nieu-Seeland se netbalspan het een hand op die Constellation-beker nadat hy Australië Sondag in ’n riller in Sydney met 54-53 geklop het.

Die Kiwi’s loop met 2-1 in die reeks voor.

Ameliaranne Ekenasio van Nieu-Seeland maak Sondag gereed om nog ’n doel te sink in die netbaltoets teen Australië in Sydney. Foto: Getty Images

Baie is dus op die spel wanneer die aartsvyande mekaar Sondag in Perth in die laaste wedstryd pak.

Australië het die beste moontlike begin gehad en aanvanklik met ses doele voorgeloop. Die Aussies was skerp en geduldig op die aanval en het die besoekers geen ruimte gegee nie.

Die Silwervarings het egter nie teruggedeins nie. Karin Burger, hulpdoelverdediger, het ’n onderskepping gemaak en Maria Folau het gedoel en die Kiwi’s was binne drie doele van die Aussies, wat die eerste kwart met 16-13 afgesluit het.

Burger en Jane Watson het talle onderskeppings vir Nieu-Seeland gemaak en Folau (hulpdoel) en Ameliaranne Ekenasio (doel) se aanval was foutloos.

Die Aussies het ook puik gespeel en met die rustyd met 30-26 voorgeloop.

Nieu-Seeland het na die ruskans agt doele teenoor een aangeteken en die Aussies verbygesteek om die voorsprong te neem.

Lisa Alexander, die Aussie-afrigter, het Caitlin Thwaites, Tegan Philip en Sarah Klau opgestuur.

Die doele Thwaites en Philip was die meerdere van die Kiwi-verdedigers en die Aussies het weer met een doel voorgeloop.

In die volgende vier minute is net twee doele aangeteken en enige span kon nog wen.

Ekenasio het ’n langafstand-doel gesink en daarna het haar kaptein, Laura Langman, ’n onderskepping gemaak om aan die Kiwi’s die oorwinning te besorg. – Sportredaksie, silverferns.co.nz en nzherald.co.nz.

Meer oor:  Netbal  |  Nieu-Seeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.