Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nog kortbad-titels vir Meder en Sates
Rebecca Meder was een van die uitblinkers in die nasionale kortbad-kampioenskappe in Pietermartizburg. Foto: Gallo Images

Rebecca Meder (18) het Dinsdag op die laaste dag van die Suid-Afrikaanse kortbad-swemkampioenskappe in Pietermaritzburg weer uitgeblink.

Meder het goud in die 400 m- individuele wisselslag gewem (haar wentyd was 4:44.71) en brons in die 50-vryslag. Haar tyd van 25.72 is net agter Erin Gallagher (eerste plek, 24.80) en Aimee Canny (tweede, 25.39).

Meder het vroeër kwalifiserende tye vir die kortbad-wêreldkampioenskappe in die 200- individuele wisselslag en 100- individuele wisselslag behaal.

Matthew Sates het ook twee medaljes op die laaste dag gewen. Hy het met goud gespog in die 400-individuele wisselslag en brons in die 50-vryslag.

Sy wentyd in die 400-individuele wisselslag is 4:11.51.

Douglas Erasmus. Foto: Gallo Images

Douglas Erasmus (22.17) en Pieter Coetzee (22.58) het die kant in die 50-vryslag voor Sates (22.62) geraak.

Sates het in die 400-vryslag, 100-vlinderslag en 100-individuele wisselslag kwalifiserende tye losgeswem.

In die langer afstande was Leigh McMorran Dinsdag in 8:49.69 die wenner in die 800-vryslag.

Dante Nortjé is in 15:26.53 die wenner in die 1 500-vryslag,

Christian Sadie het twee Suid-Afrikaanse rekords behaal deur die S7 200-wisselslag in 2:31.64 en die S7 50-vryslag in 28.73 te wen.

In die loop van die vier dae in Pietermaritzburg het vyf swemmers tien kwalfiserende tye vir die wêreldkampioenskappe losgeswem.

Vanjaar se kortbad-wêreldkampioenskappe is vanweë die Covid-19-pandemie met ’n jaar uitgestel en sal van 13 tot 18 Desember 2021 in Abu Dhabi beslis word. – Sportredaksie, Swem SA

Meer oor:  Pietermartizburg  |  Swem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.