Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
NSA bekyk talle datums vir Nasionale Liga
Blanche de la Guerre, uitvoerende hoof van Netbal Suid-Afrika.Foto: Gallo Images

Die Nasionale Liga sal plaasvind, al is dit eers in November en Desember.

Blanche de la Guerre, uitvoerende hoof van Netbal Suid-Afrika (NSA), het Vrydag gesê dié sportliggaam het ’n plan B, C en D as die begindatum van dié liga van 8 Mei nie haalbaar is nie.

Wedstryde kan dalk nou van middel Julie tot September aangebied word.

Datums in Augustus, September en Oktober is ook opsygesit, met die laaste opsie dalk wedstryde in November en Desember.

Die Liga sou aanvanklik vanaf 8 Mei tot 26 Julie in KwaZulu-Natal, Limpopo en die Wes-Kaap aangebied word. Die uitbreking van Covid-19 het egter alle sportplanne omver gegooi.

“Dit kan nou verander. Venues wat aanvanklik nie beskikbaar was nie, is dalk nou beskikbaar.”

Die Universiteit van Kaapstad se sportsentrum is dalk ’n opsie, sou die reeks later begin.

Ons maak planne soos ons aangaan en wil niks kanselleer nie. Ons laat ons ook lei deur die regering se staat van inperking.
Blanche de la Guerre

“Ons maak planne soos ons aangaan en wil niks kanselleer nie. Ons laat ons ook lei deur die regering se staat van inperking,” sê De la Guerre.

Sy sê NSA-raadslede sal op 17 April ’n telekonferensie hou om oor die liga te besluit.

* Die Ussa-toernooi is veronderstel om tussen 29 Junie en 4 Julie in Stellenbosch plaas te vind.

* Die nasionale kampioenskap is geskeduleer vir 3 tot 8 Augustus. – Annchen Nel

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Uitvoerende Hoof  |  Nsa  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.