Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
NSA besluit later oor Mei se program
Blanche de la GuerreFoto: Gallo Images

Terwyl al hoe meer sporttoernooie wat vir Mei en Junie geskeduleer is, reeds afgestel of uitgestel is, hoop Netbal Suid-Afrika (NSA) nog vir die beste.

Die Nasionale Netballiga is veronderstel om van 8 Mei tot 26 Julie te duur.

NSA-aktiwiteite wat in Maart en April sou plaasvind, is Maandag opgeskort.

Blanche de la Guerre, die uitvoerende hoof van NSA, het Donderdag volstaan met Maandag se verklaring dat dié beheerliggaam die situasie met die Covid-19-pandemie dophou en op 17 April ’n besluit sal neem.

Sou die Nasionale Liga uitgestel moet word, sal dit ’n rimpeleffek op die netbalkalender hê, met spelers en -skolespelers wat dan tot Desember sal moet speel.

April is ’n bedrywige tyd vir netballui met spelers en spanne wat slyp vir die seisoen.

Norma Plummer en Nicole Cusack se reisplanne vanaf Australië het ook in die slag gebly.

Dié twee voormalige Protea-afrigters sou van 24 Maart afrigtingsklinieke in Stellenbosch aangebied het. Dit is nou na einde September geskuif.

Erin Burger is een van talle oudspelers wat hul brood en botter met afrigting verdien.

“Ons as afrigters is baie afhanklik van skole. Ons was volbespreek vir die vakansie.

Ons as afrigters is baie afhanklik van skole. Ons was volbespreek vir die vakansie.
Erin Burger

“Verskeie skolespanne sou op my vennoot, Niel (du Plessis) se plaas in Modimolle kursusse bygewoon het.

“Vliegtuigkaartjies, die besprekings en alles was klaar betaal,” sê Burger.

Dié voormalige Protea-senter beplan nou om ’n video te maak én ’n aanlyn program saam te stel sodat haar spelers op hul eie kan oefen.

“Ek sal op balvaardighede fokus en Niel op ballistiese krag- en stabiliseringoefeninge wat op ’n medisynebal gedoen kan word.

Dorette Badenhorst

Dorette Badenhorst, afrigter van Suid-Afrika, sou ook in April talle kursusse aangebied het.

Ook Elize Kotzé, ’n voormalige Protea-afrigter, se April was volbespreek met die kursusse wat sy vir skolespanne op Raloka, haar netbalplaas buite Brits aanbied.

“Dit sou ons 20ste herdenking op die plaas wees en ons het spesiale dinge beplan.

“Dit is egter al 25 jaar wat ek in April kursusse aanbied.”

Dit sou Kotzé se laaste jaar as hoofafrigter by Raloka wees.

“Ja, dit is ’n groot finansiële slag, maar dit strek baie wyer met ons diensverskaffers en vennote wat ook nou sonder werk en inkomste is.”

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Seisoen  |  Proteas  |  Afrigter  |  Nsa  |  Netbal  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.