Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
NSA wag (steeds) op minister

Netbalspelers sal nog moet wag voordat hulle na die oefenbaan mag terugkeer, selfs in klein groepies.

Lede van die Southern Stings voer verlede jaar hul danspassies voor ’n wedstryd in die Nasionale Liga uit. Foto: BackpagePix

’n Woordvoerder van Netbal Suid-Afrika (NSA) het Dinsdag gesê hulle wag op finale goedkeuring van die departement van sport, kuns en ontspanning.

NSA het ’n paar weke gelede sy voorlegging aan die departement gestuur waarna hy versoek is vir bykomende inligting.

Die beheerliggaam het toe nóg meer duidelikheid gegee rakende sekere aspekte van die gesondheid en voorsorg van spelers en beamptes.

“NSA wag dus nog op finale goedkeuring van die ministerie voordat sy aksieplanne uitgevoer kan word. Ons spanne mag eers begin oefen as ons goedkeuring kry.”

Intussen het die provinsies die verantwoordelikheid om te sorg dat sy spelers algemene gesondheidsriglyne volg en siftingsprosesse gedoen word.

NSA is hoopvol dat sy Nasionale Liga in Oktober kan begin. Die aanvanklike begindatum vir die streekkompetisie was in Mei.

Nog geen netbal is vanjaar gespeel nie.

Meer oor:  Nsa  |  Netbal  |  Koronavirus  |  Netbal Suid-Afrika  |  Vlak 3-Inperking  |  Covid-19  |  Covid-19-Regulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.