Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nuwe Afrika-rekord vir Tatjana

Tatjana Schoenmaker het Sondag in die nasionale kortbad-kampioenskappe in Pietermaritzburg haar eie Afrika-rekord in die 100 m-borsslag met meer as ’n sekonde verbeter.

Tatjana Schoenmaker in die SA kortbadkampioenskappe in aksie. Foto: Boogs Photography | Andrew McFadden

Schoenmaker, die Statebond-kampioen in dié nommer en die 200 m-borsslag, het die rekordtyd van 1:05.12, wat sy in 2018 opgestel het, in die uitdunne reeds tot 1:04.38 verbeter. Daarna het sy in die eindronde die goue medalje met ’n uitstekende tyd van 1:03.89 verower.

“Ek was baie tevrede met my uitduntyd en ek het nie so vinnig in die eindronde gevoel nie, maar toe ek die tyd gesien het, was ek nogal geskok. Ek het dit glad nie verwag nie,” sê sy in ’n verklaring van Swem Suid-Afrika.

“Ek het probeer om my tyd in die 100 m te verminder en het aan myself bewys dat ek 1:03 kan doen.”

Sy het met dié tyd ook vir die kortbad-wêreldkampioenskappe gekwalifiseer.

Ek was baie tevrede met my uitduntyd en ek het nie so vinnig in die eindronde gevoel nie, maar toe ek die tyd gesien het, was ek nogal geskok.
Tatjana Schoenmaker

Matthew Sates (100 m-vlinderslag) en Rebecca Meder (200 m-wisselslag) het albei ook kwalifiserende tye geswem.

Meder het haar nommer in 2:09.76 gewen.

Sates het sy tweede kwalifiserende tyd geswem, nadat hy ook reeds in die 400 m-vryslag gekwalifiseer het.

In die 100 m-vlinderslag het hy in 50.72 sekondes gewen.

Hy het ook die 200 m-wisselslag in 1:55.88 gewen, maar dit was nie ’n kwalifiserende tyd nie.

Erin Gallagher het net-net ’n kwalifiserende tyd in die 100 m-vlinderslag gemis. Sy het die goue medalje in 58.35 gewen – 0.13 van ’n sekonde stadiger as die kwalifiserende tyd van 58.22.

“Ek leer voortdurend, so daar is baie wat ek hieruit kan neem. Ek sien vandag nie as ’n nederlaag nie, dit sal my net vir die volgende resies verbeter,” sê Gallagher.

Die kortbad-wêreldbyeenkoms vind van 15 tot 20 Desember in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate plaas.

Meer oor:  Swem  |  Tatjana Schoenmaker  |  Rekord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.